×
Skakel na Engels

Moeitelose haarstyl vir die winter: ’n Sjiek bolla

Probeer hierdie lekker maklike haarstyl
Sjiek bolla

Die winter kan wreed met ons hare wees – van kroeserigheid tot gesplete punte – en ons sommer bedruk maak. Dit kan ook veels te veel tyd neem om jou hare te vertroetel en te stileer vir ’n spesifieke styl wanneer jy koud kry en nie lus vir sukkel is nie. Die sjiek bolla is maklik om te maak en in stand te hou – met net ’n paar produkte en ’n eenvoudige tegniek.

As jy jou hare dié winter moeiteloos mooi wil laat lyk, is die sjiek bolla ’n fantastiese styl om te probeer. Dit kan ewe goed vir ’n dag- of aandvoorkoms werk. Volg die drie stappe hier onder om die voorkoms te verkry. Met ’n bietjie haarprodukte en haarrekkies sal dit vinnig jou gunsteling-voorkoms word.

# 1:

Begin met drooggeblaasde hare, maak ’n middelpaadjie en bind dan jou hare met ’n rekkie in ’n lae poniestert vas, sê Guido, Redken se internasionale kreatiewe direkteur. Spuit droë tekstuursproei oor jou hare vir volume.

PROBEER:

texture spray

Moroccanoil Dry Texture Spray (R397)*

Lees: Kan dit gevaarlik wees om haarkapper toe te gaan?

# 2:

Draai die poniestert op en om die rekkie om ’n lus te vorm. Druk die punte agter die rekkie deur en trek dit onder deur die lus. Steek dit met ’n haarknip vas.

PROBEER:

hairband

Invisibobble (R80 elk)*

# 3:

Set dit met ’n sterk haarsproei om wegstaanhaartjies te tem. 

PROBEER:

hairspray

Label.m Extreme Hold Hairspray (R295)*

* Die pryse was korrek teen die tyd dat die aanlyn artikel geplaas is.

LEES OOK:

Wetenskaplikes ontdek die geen vir grys hare

Dít is hoekom vroue hul haarstyl ná ’n mislukte verhouding verander

Hierdie 6 algemene stryktangfoute beskadig jou hare

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 snoesige truie wat jou hart dié winter sal begeer

Truie te kus en te keur

Close