×
Skakel na Engels

Hart-paraat!

Honderd en vyftig gaste het Goeie Huishouding en Flora se Think Red-middagete in die luukse Table Bay Hotel bygewoon om fondse vir die Hart-en Beroertestigting van Suid-Afrika in te samel

 

Lesers van Goeie Huishouding, die redaksie en ’n aantal bekendes was almal in rooi uitgevat vir hartgesonde wenke en ’n dag vol pret by die Table Bay Hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad.


Terwyl gaste buite die balsaal gekuier het, het hulle produkte van ons borge ontvang – soos Clarins, The Body Shop, Sea Harvest en Vital – en blitsige mooi-maaksessies deur Clarins en GHD geniet. By Clicks se stasies kon gaste hul choles-terol- en bloeddrukvlakke laat nagaan.

 

Die driegang-middagete was ’n fees van hartgesonde geregte en gedurende die geleentheid, waar Liezel van der Westhuizen die seremoniemeester was, kon gaste na ’n paneelbespreking en inspi-rerende boodskappe van Kerishnie Naiker, ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, Stan Henke-man, voorsitter van die SA Transplant Sports Association en Shân Biesman- Simons, ’n dieetkundige, luister. Sarel Loots van MasterChef SA en Jocelyn Myers, die Table Bay Hotel se uitvoerende sjef tour-nant, het ook hul sjefspiere in ’n hartgeson-de kooksessie vir mekaar gebult.

 

’n Loting wat R20 000 vir die stigting ingesamel het, was deel van die middag-ete. ’n Uwe Koetter-ring ter waarde van R16 000, Wetherlys-banke van R15 000 en R18 000 en ’n Sealy-dubbelbed van R6 000 was deel van die pryse. Elke gas het met ’n geskenksak vol bederfgoed ter waarde van R1 500 huis toe gegaan.


 

Kliek hier vir foto’s van hierdie geleentheid.

 

Só kan jy help:

In die stryd teen kardiovaskulêre siektes in Suid-Afrika is dit Flora se missie om kardiologiese fasiliteite dwarsoor die land te verbeter. Die publiek word genooi om deel hiervan te wees en Flora te help – skenk jou hartklop om die doelwit van 1 biljoen hartkloppe te bereik. Besoek www.florastrongheart. co.za of kry Flora Strong Heart op Facebook, Twitter en Pinterest.

 

Borge van geskenksakke:

Clarins; Lindt ; Vital; Lucky Star; Piz Buin; Virgin Active; Jo Borkett; Smileys at Home; Prestige Housewares; Shield; Sea Harvest; Rhodes; Close-up; Fleur du Cap; Flora

 

Lees meer oor dié geleentheid.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lesers is omtrent bederf by ons Kuier-om-die-Kerstafel- werksessie

Goeie Huishouding het onlangs ’n Kuier-om-die-Kerstafel-werksessie by Reuben’s in Franschhoek aangebied. Baie dankie aan Pick n Pay sonder wie hierdie...

Close