×
Skakel na Engels

Haat jy jou nuwe haarstyl? Dís wat jy kan doen

Hoe om van ’n slegte nuwe haarstyl te herstel en die resultate te kry wat jy wil hê
haarstyl

Die meeste van ons het dit al oorgekom. Jou haarstilis onthul jou nuwe haarstyl entoesiasties en jy háát dit. Of jy kan sien hoe dinge skeefloop terwyl hy jou hare sny, maar jy wil dit nie waag om ’n kenner te bevraagteken of te beledig nie. Daarom laat jy hom begaan en hoop dit gaan mooi lyk … en dan lyk dit verskriklik. As jy jou al ooit in hierdie netelige situasie bevind het, is hier vir jou raad oor hoe om dit anders te benader. (Maar dit vereis dat jy nie opgewonde raak nie!)

1. Bly kalm

Soos ons gesê het, moet hierdie netelige situasie kalm en taktvol hanteer word, en ons verstaan dat dit moeilik is wanneer jou kroon nie meer lyk soos dit moet nie. Probeer jouself herinner dat dit nie vir altyd is nie – hare groei en kleure kan verander word, en wie weet, dalk hou jy selfs ná ’n ruk van jou nuwe voorkoms.

2. Wees beleef

’n Uitbarsting, geskree en onbeskoftheid teenoor jou haarkapper sal net maak dat hy minder geneig sal wees om die probleem reg te stel. Dit is egter belangrik om hom te laat weet jy is nie tevrede nie deur duidelike redes en nuttige terugvoering te verskaf.

3. Doen voorstelle

Eerder as om die situasie hopeloos te laat voel, probeer om ’n gesprek te voer wat jou én die haarkapper in die rigting van ’n doeltreffende oplossing sal stuur. As jou stilis voel daar is iets redeliks wat hy kan doen om jou meer tevrede oor jou nuwe haarstyl te laat voel, sal hy heel waarskynlik behulpsaam wees.

4. Leer en groei

Die lewe gaan daaroor om te leer. Praat dus in die toekoms met jou stilis oor presies wat jy wil hê, en neem gepaste foto’s indien nodig om seker te maak julle verstaan mekaar voordat hy begin sny of kleur. Dit help ook om te weet watter soort hare jy het en realisties te wees oor wat vir jou sal werk – of nie – en nie impulsief op ’n radikale verandering te besluit nie. Wees eerlik, voorbereid en taktvol, dan behoort jy fantasties te lyk wanneer jy die salon met ’n glimlag verlaat.

LEES OOK:

Is dit waar dat jou hare vinniger groei wanneer jy dit laat sny?
Vier haarstyle wat die jare sal laat waai
Kan dit gevaarlik wees om haarkapper toe te gaan?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 tydlose haarstyle vir etniese hare

Lyk op jou mooiste met hierdie haarstyle!

Close