×
Skakel na Engels

Haal die angel uit sooibrand

Vyf maniere om hierdie uiters ongemaklike dog algemene pyn te voorkom

Die meeste van ons ken daardie ongemaklike brandpyn wat jou so stilletjies bekruip. Sooibrand word veroorsaak deur suur wat uit die maag na die slukderm terugvloei.

 

Probeer gerus die volgende om dit te help vermy:

  1. Lig die koppenent van jou bed ’n bietjie hoër voordat jy gaan slaap. As jou bors opgelig word, moet die maagsuur teen swaartekrag veg om tot in jou slukderm te kan beweeg.
  2. Probeer om tamaties, uie en kruisement te vermy. Dit kan suur toelaat om terug te vloei na die slukderm, wat die simptome vererger. Koffie kan ook ’n sondebok wees, maar net in sekere gevalle. Skakel hierdie kossoorte een op ’n keer uit om te sien of jou simptome verbeter.
  3. Moenie groot maaltye eet nie, veral nie laat in die aand nie.
  4. Moenie styfpassende klere of gordels wat jou maag platdruk, dra nie. Dit vererger die druk op jou maag.
  5. Dis belangrik om te weet dat – veral by vroue – ’n hartaanval meer soos sooibrand voel as soos die kenmerkende verlamende sensasie van ’n hartaanval. As jou sooibrand ’n nuwe storie is, báie erg is, of met swakheid, kortasemheid of ongewone moegheid gepaard gaan, maak gerus ’n afspraak by jou huisdokter.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Spoor borskanker vroegtydig op

As jy borskanker vroegtydig opspoor, kan dit meer effektief behandel word en is daar ’n groter kans op herstel

Close