×
Skakel na Engels

Greenery is vanjaar die ín-kleur

Greenery is die nuwe swart!
Greenery

Sedert die Pantone-instituut hul kleur van die jaar, Greenery, bekendgemaak het, het ons probeer uitwerk hoe om dit in ons lewe te inkorporeer. Hier is meer inligting oor die vars, lewendige skakering wat gekies is, en wat dit vir ons beteken.

GREENERY

“Greenery is ’n verfrissende, pikante geelgroen wat ons aanspoor om te verken, eksperimenteer en herskep,” sê Pantone. Volgens Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van die Pantone-kleurinstituut, “bars Greenery in 2017 uit om ons die gerusstelling te gee waarna ons streef in ’n onstuimige maatskaplike en politieke omgewing. Dit bevredig ons toenemende begeerte vir verjonging en hernuwing, en  dit simboliseer die herverbinding wat ons met die natuur, mekaar en ’n groter doel wil hê.”

Greenery is soos ’n Granny Smith-appel wat jou nooi om ’n groot hap te vat. En met groot hap bedoel ons om ’n blaarryke plant in jou woonkamer te sit of ’n groot groen strooikussing op jou rusbank te plaas. Daar is verskeie maniere waarop jy dit in jou lewe kan inkorporeer sonder dat jy jou hele huis hoef oor te verf. Kyk hierdie video om te kyk hoe jy hierdie natuurlike groen in jou alledaagse lewe kan inbring:

Pantone se vorige kleure het altyd ’n sterk stelling in die dekor- en modebedrywe gemaak, en vanjaar sal geen uitsondering wees nie. Trouens, ons het reeds gesien watter invloed Greenery het:

Christian Dior: Haute Couture-lente/somerreeks 2017

Embed from Getty Images

 

Binnenshuise ontwerp is nie ver agter nie:

The Bowling Green House, Bedfordshire 

FOTO: iStock/tulcarion

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tuin-doenlysie vir April

Wat om nóú te plant, saai en oes. Plus, hoe om jou tuin vir die winter voor te berei

Close