×
Skakel na Engels

Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

Wat om uit te sny (of meer te doen) vir ’n jonger jy
Goed wat jou ouer maak

Die meeste van ons wil graag vir altyd 25 bly, ten minste wat voorkoms betref. Die teenverouderingsbedryf is miljarde werd, wat net wys hoe mense hope geld bestee aan produkte om die tekens van veroudering te beveg, of ten minste te vertraag.

Maar duur rome en chemiese afskilferings sal jou net tot op ’n punt help, want wat jy in jou liggaam sit, is net so belangrik as hoe jy die buitekant behandel wanneer dit by die handhawing van ’n jeugdige gloed kom. Hier is vier goed wat jou vinnger sal laat verouder, van binne en buite.

Alkohol

Die meeste mense hou van ’n drankie af en toe, maar as jy te gereeld alkohol inneem, kan dit jou ouer maak. Dit is weens ’n paar faktore. Dit is eerstens skadelik vir jou lewer, wat jou voorkoms kan beïnvloed en jou lewe kan verkort.

Tweedens is dit ’n berugte dehidrerende stof, wat slegte nuus vir jou vel is, want wanneer ons ouer word, het ons soveel vog as moontlik nodig om ons vel soepel te hou. Laastens kan dit ’n negatiewe uitwerking op die gehalte van ons slaap hê, en dit bring ons by die volgende punt …

Lees: 5 mites oor velveroudering ontbloot!

’n Gebrek aan slaap

Ons het almal ons skoonheidslapie nodig – ja, regtig! Terwyl ons slaap, werk ons selle om te regenereer en raak terselfdertyd van dooie velselle ontslae. Gedurende die nag word die vogvlak in ons vel ook na normaal herstel ná ’n dag van stres en omgewingsfaktore. Dit is dus noodsaaklik om soveel as moontlik te slaap om jeugdig en verfris te lyk.

Stres

Die meeste van ons moet elke dag stres hanteer. In matigheid is dit nie ’n slegte ding nie, maar om konstant freneties angstig te wees kan toksies wees. Dit is omdat kortisol, die hormoon wat vervaardig word wanneer ons gestres is, chronies hoog is, ons slaappatroon kan beïnvloed, bloedsuikervlakke kan verhoog, gewigstoename kan veroorsaak en maak dat die liggaam langer neem om te herstel.

Lees: 5 foute met ooggrimering wat jou ouer laat lyk

Energiedrankies

Wanneer jy afgerem voel, is dit dalk aanloklik om ’n energiedrankie te drink om jou deur die dag te kry, maar hierdie suiker- en kafeïenryke drankies laat jou regtig gouer oud word. Die suiker en versoeters kan sellulêre proteïen beskadig, wat jou vel vinniger kan verouder.

Jy dink dalk jy doen jouself ’n guns, ten minste op kort termyn, maar wanneer jy uit gewoonte energiedrankies drink, kan dit ’n negatiewe invloed op jou vel en jou gesondheid hê.

FOTO: iStock/Georgijevic

LEES OOK:

Jou teenverouderingstydlyn

5 sakpas wenke teen veroudering

6 dinge wat ’n kenner van velteenveroudering nooit sal doen nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
“Ek het ophou drink”: Sabine Jones se verhaal

’n Ma van twee deel haar pad na herstel

Close