VERSKONING: “Ek kry nooit geriep nie.”
Behalwe vir die rede dat nooit ’n baie lang tyd is, bied die inspuiting ook ander voordele wat jy in ag moet neem. Volwassenes van 40 jaar en ouer toon byvoorbeeld in die eerste twee maande ná die inspuiting ’n 18% kleiner risiko om ’n eerste hartaanval te kry.
VERSKONING: “Ek’s allergies vir eier.”
Om die griepinspuiting te maak word virusse in eiers gekweek. Studies toon egter dat die inspuiting veilig is vir die meeste mense met ’n eier-allergie. Gaan sien egter ’n allergie-spesialis voordat jy die inspuiting kry.