×
Skakel na Engels

GH se drie beste CC-rome

Eers was daar BB-rome en nou het ons ook CC-rome. Ons verduidelik die verskil en beoordeel drie CC-rome

 

 

Om eerlik te wees is daar nie ’n reuse-verskil tussen die twee nie:

CC staan vir “colour correcting” of “complexion corrector”. So ’n room sal jou veltoon egaliger maak en jou minder bleek en vaal laat lyk. Die doel daarvan is om die tekens van die ouderdom te help keer en plooie te versag, maar dit werk ook soos ’n BB-room (“beauty balm”) – ’n basislaag, SBF-beskerming én bevogtiging.

 

Ons het 3 CC-rome op die proef gestel:

Chanel CC Cream Complete Correction SPF 30/PA+++

“Ek jaag altyd soggens; daarom is ’n produk wat beskerm, bevog én my veltoon egalig laat lyk baie welkom!” – Toetser 1

 

Smashbox Camera Ready CC Cream Broad Spectrum SPF 30

“Omdat dit so dik is, is net ’n klein bietjie genoeg. Dit het die vlekke op my vel byna heeldag bedek!” – Toetser 2

 

Almay Smart Shade CC Cream Complexion Corrector SPF 35

“Ek het ’n olierige vel, maar dié room het my vel natuurlik en vlekkeloos laat lyk sonder dat ek poeier moes gebruik.”  – Toetser 3

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die doel van basislae

Verwar die doel en werking van basislae jou? Hier’s wat jy moet weet

Close