×

GH se boek van die maand

Dié maand se beste kopies
GH se boek van die maand

 

Om in ’n nuwe boek verdiep te raak is een van die beste goed wat daar is, of dit nou ’n klassieke boek, ’n biografie of die nuutste fiksie deur jou gunstelingskrywer is. Die wêreld van boeke is ’n oneindige put van vermaak vir lojale lesers – dit hou nooit op nie en ons wil ook nie hê dit moet nie.

Ons sal jou op die hoogte van die nuuste titels hou waarvan jy moet kennis neem – en jou ’n voorsmakie gee van die nuutste boek van ’n skrywer oor wie ons dol is. Ons boek vir dié maand is Eindspel deur Wilna Adriaanse, en ons het ook die skrywer Riana Scheepers gevra wat sy onlangs gelees het en waarmee sy op die oomblik besig is. 

Eindspel deur Wilna Adriaanse (R277)

Eindpsel

Die opvolg op Wilna Adriaanse se Dubbelspel is eindelik hier!

Ellie hou van haar lewe op die platteland. Dit gee haar tyd om oor haar pa se dood te dink, en om van haar tyd in die polisie te herstel. Sy help selfs uit as kerkorrelis. Net wanneer sy nie kan slaap nie, gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Name, datums, verbintenisse.

Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Op ’n dag stap twee mans in die kerk in, en terwyl sy hulle in die truspieëltjie van die orrel dophou, weet sy hulle soek na haar. En dat sy sal moet uitvind waarom.

Skrywershoekie: Riana Scheepers

author 

Wat is op jou bedkassie? 

“Op die oomblik is ek gefassineer deur die Tweede Wêreldoorlog. Eers Stalin, Hitler en Churchill se biografieë, en nou Sarah Helm se If This Is a Woman: Inside Ravensbrück. Tussenin het ek ook Joyce Carol Oates se Mudwoman gelees, ’n verbysterende roman.” – Riana Scheepers, medeskrywer van die kookboek Smeul: Drie vroue, een kombuis saam met Marietjie Koekemoer en Leonie Scholtz (R219)

FOTO: iStock/portishead1

LEES OOK:

Wenke om gratis e-boeke op jou Kindle te kry

5 boeke wat jy moet hê

Boeke oor ouerskap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 boeke wat jy moet hê

Begrawe jou in hierdie lekkerleesboeke...

Close