×

Gewildste babaname van 2016 onthul

En die koninklikes het ouers duidelik beïnvloed …
babaname

Brittanje se gewildste babaname van 2016 is onthul, en hulle is klaarblyklik ’n nasie van koningsgesindes met George, Charlotte en Mia wat dit almal tot in die lys van die top-15 gemaak het.

Die nommereen-posisie vir meisies en seuns in BabyCentre se top-100 word beklee deur onderskeidelik Olivia en Oliver nadat verlede jaar se wennaam, Muhammed, na die tweede posisie vir die seuns afgeskuif het.

Meer tradisionele name is die meeste ouers se keuses, soos Emily en Sophie wat onder die top-10 vir meisies is, en Jack en Charlie is gewild vir seunsname.

Hier is die top-15 name vir albei geslagte:

Seuns

1. Oliver
2. Muhammed
3. Noah
4. Harry
5. Jack
6. Charlie
7. Jacob
8. George
9. Ethan
10. Henry
11. Oscar
12. James
13. Joshua
14. Freddie
15. Leo

 
Meisies
1. Olivia
2. Lily
3. Sophia
4. Emily
5. Amelia
6. Ava
7. Isla
8. Isabella
9. Isabelle
10. Sophie
11. Ella
12. Mia
13. Poppy
14. Evie
15. Charlotte
 
Wat dink jy is die gewildste Suid-Afrikaanse name? Laat weet ons op Twitter @GoeieHuis
 
 
Lees nog: 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Mense is dol oor die glansryke mevrou Sinterklaas in die Marks & Spencer-Kersfeesadvertensie

En die advertensie is ook baie spesiaal ...

Close