×
Skakel na Engels

Gevulde eiers met ’n kinkel

Gevulde eiers is ’n gewilde happie en ’n ware staatmaker vir byna enige onthaal. Ons deel drie onweerstaanbare vulselidees

 

 

Volg eers dié stap en kies dan een van die drie vulsels:

Halveer ses hardgekookte eiers, skep die gele in ’n bak uit, meng goed met
¼ koppie mayonnaise en …

 

1. KROKANTE KERRIE

Meng gele met 1 t elk kerriepoeier en suurlemoensap en ’n knippie sout. Skep in eierwitte. Besprinkel met fyngekapte amandels en gesnipperde grasuie. Genoeg vir 6.

 

2. CAESAR


Meng gele met 2 e gerasperde parmesaan, 2 t suurlemoensap en ¼ t elk knoffel en peper. Skep in witte. Rond af met kaasskaafsels. Genoeg vir 6.

 

3. PESTO-EN-SPEK

Meng gele met 2 e pesto en 1 t suurlemoensap. Skep in witte en rond af met gaar spekstukkies. Genoeg vir 6.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 Spesiale nageregte vir Kersfees

Probeer dié smullekker, spesiale nageregte ná jou feestelike Kersete

Close