×
Skakel na Engels

Geurige, gesinsvriendelike resepte vir die week

Hier is sewe aandete-resepte om hierdie week te probeer, asook ’n heerlike nagereg en Sondag-gebak om te geniet!

Maandag: Somerse taboelislaai

Summer-Tabblouleh Family-friendly

Ons dink hierdie somerse gereg is die perfekte manier om die week mee te begin. Dié vegetariese gereg is regtig smaaklik en vleiseters sal dit ook geniet! Dit is alles om ons impak op diere te verminder. #VleisloseMaandag. Kry die resep hier: Somerse taboelislaai

Dinsdag: Pitabroodjies met lamsvleis

Lamb-Pita-Pockets Family-friendly

Kry die gesin betrokke met hierdie heerlike pitabroodjies met lamsvleis. Dit is ’n goeie manier om die kinders by die bereiding van aandete in te sluit en hulle meer te laat belang stel in wat hulle eet. Kry die resep hier: Pitabroodjies met lamsvleis

Woensdag: Eenskottelgereg met hoender, appelkoos en lemoen

chicken-one-pot

Maak hierdie maklike, moeitelose hoendergereg. Dis propvol geur, en boonop sal daar agterna baie min skottelgoed wees! Kry die resep hier: Eenskottelgereg met hoender, appelkoos en lemoen

Lees ook: 5 ongesonde “gesondheidskosse”

Donderdag: Gemmer-garnale en noedels

prawnpasta

Laat hierdie Thaise seekos-en-noedelgereg jou inspireer. Die hele gesin sal dol oor die geurkombinasies wees. Kry die resep hier: Gemmer-garnale & noedels

Vrydag: Kampioen-kaasburger

The-Ultimate-Cheeseburger

Klop jouself op die skouer dat jy deur die week gekom het en maak die beste kaasburger tot nog toe. Jou kinders sal dol daaroor wees om met hul hande te eet en jy sal dol wees oor hoe maklik dit is. Kry die resep hier: Kampioen-kaasburger

Saterdag: Aartappel-omelet met kaas

omelette

Nooi jou vriendinne oor vir ’n kuier en beïndruk hulle met hierdie romerige, heerlike gereg. Kry die resep hier: Aartappel-omelet met kaas

Sondag: Benny se vlamgeroosterde cajun-hoender

Kry die gesin bymekaar vir ’n Sondag-roostergereg met hierdie klassieke resep met ’n kinkel. Almal sal ’n tweede skeppie wil hê! Kry die resep hier: Benny se vlamgeroosterde hoender

Lipleklekker nagereg: Meringue-roulade met wit sjokolade en frambose

White-Chocolate5

Jou gaste vir aandete sal dol oor hierdie verruklike nageregskepping wees! Kry die resep hier: Meringue-roulade met wit sjokolade en frambose

Sondag-gebak: Koek met suurroom, lemmetjie en klapper

kate-cake

Eindig die perfekte Sondag met hierdie verfrissende sitruskoek. Dis lekker taai en vogtig en ’n ware apploustrekker. Kry die resep hier: Koek met suurroom, lemmetjie en klapper

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís hoe GH-leser, Beulah Botha, 58 kg verloor het!

Beulah Botha is ’n 40-jarige senior projekbestuurder en ma van een wat haar lewe heeltemal verander het en 58 kg...

Close