×
Skakel na Engels

Getoetste produkte: Toetsbord en muis

Ondanks baie vordering in die rekenaarwese, soos raakskerms en stembeheer, is dit steeds die nederige toetsbord en muis wat ons by die werk en huis produktief hou
Toetsbord en muis

As ons elke dag by die werk ure agter ’n rekenaar deurbring, en dan tuis nog ’n paar uur op Facebook en die internet rondspeel, maak dit sin om in gehalte-toestelle te belê wat ons ervaring so seepglad as moontlik sal maak.

Wissel tussen skerms 

Typing texts

Logitech K780, R2 490

Dis ’n elegante oplossing vir ’n hedendaagse probleem: Hoe om van een toestel vinnig na ’n ander een oor te skakel. Dis alles WhatsApp se skuld, maar nou kan jy met net die druk van ’n knoppie oorgaan van e-posse op jou rekenaar tik na boodskappe op jou foon tik.

Verbind tot drie toestelle met Bluetooth, maak dit in die gerieflike gleuf op die toetsbord staan en verskuif jou fokus van een skerm na ’n ander sonder dat jou vingers die toetsbord verlaat.

Android/iOS/Windows, USB-ontvanger en Bluetooth

Goed vir jou hande

Good for your hands

Microsoft Sculpt Ergonomic Desktop, R1 599

Microsoft het die rekenaarwese gewild gemaak en hulle neem dié verantwoordelikheid baie ernstig op deur voortdurend gesonde rekenaarpraktyke na te vors, soos dié toetsbord wat ontwerp is om jou hande en gewrigte in ’n natuurliker posisie te hou – effens na binne gekantel met die gewrigte na buite gedraai – en met ’n sagte palmstut vir ondersteuning.

Die duimgleuf op die muis buig die gewrig in die optimale posisie. Dit neem ’n rukkie om aan gewoond te raak, maar die langtermynvoordele is fantasties.

Windows, USB-ontvanger

Sakpas kopie

When cost is key

Koordlose Genius SlimStar 8000ME-stel, R249

As jou begroting knap is, beteken dit nie dat jy noodwendig goedkoop, raserige en bonkige toerusting moet koop wat jou net voor ’n sperdatum in die steek sal laat nie. Genius bou al sedert die begin van die rekenaarera muise en toetsborde.

Selfs met dié basiese pakket is die toetsbord dus goed geveer en die muis reaktief. Dit neem nie baie ruimte in beslag nie en het multimediatoetse waarmee jy jou musiek kan beheer.

Windows, USB-ontvanger

Lees: 7 dinge wat jou tiener wil hê jy nié op sosiale media moet doen nie

Meneer multimedia

Multimedia mogul

Logitech K400 Plus, R919

Multimedia-omnivore kom gou agter hoe waardevol dit is om ’n behoorlike rekenaar aan die TV in jou sitkamer gekoppel te hê. Vermy die beslommernis van deur jou fliekversameling, YouTube of Netflix te soek deur jou mediarekenaar met dié ligte, koordlose toetsbord te verbind.

Dit het spesifieke mediaknoppies en ’n raakpaneel wat ook as ’n muis dien. Dit sou egter beter wees as die toetse van agter verlig was.

Android/Chrome OS/Windows, USB-ontvanger

Veeldoelig

Write now

Mobiele Microsoft Universal-toetsbord, R699

Daar is baie Bluetooth-toetsborde wat in tabletomhulsels ingebou is, maar ons verkies hierdie losstaande een. Dis lig dog stewig, die toetse is ’n lekker grootte, en dit werk met Apple iOS, Android en Windows. Jy kan dus na hartelus tussen toestelle wissel. Die herlaaibare battery hou vir maande en die omhulsel dien ook as ’n stut vir jou foon of tablet.

Android/iOS/Windows, Bluetooth

Buigsaam en ondersteunend 

Flexible and supportive

Microsoft Arc Touch Bluetooth-muis, R1 309

Hierdie vernuftige muis is ewe tuis by die huis of in ’n koffiewinkel. Dit gebruik die nuutste lae-energie-Bluetooth om regstreeks met jou skootrekenaar te verbind sonder dat jy ’n USB-ontvanger hoef te gebruik.

Die geboë vorm ondersteun jou gewrig en gee jou vingers ’n beter greep, terwyl die rolstaaf taktiese en hoorbare terugvoering bied. Druk die muis plat om dit af te skakel en bêre dit gerieflik in ’n sak.

Windows, Bluetooth

Lees: 7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Nuttige wenke

KINKEL IN DIE KABEL

Daar is twee soorte koordlose apparate. Die algemeenste een gebruik ’n klein USBdongel wat by die rekenaar ingeprop is en met die muis en die toetsbord verbind. Dis egter beter om apparate te gebruik wat nie ’n USB-poort gebruik nie, maar met Bluetooth verbind, veral vir skootrekenaars en tablette.

BATTERYLEWE

Die meeste koordlose apparate werk met batterye. Ons beveel sterk aan dat jy tussen twee stelle herlaaibare battery wissel. Só sal jy nooit onkant gevang word nie en die planeet sal jou bedank omdat jy nie nog toksiese afval na ’n opvullingsterrein stuur nie.

TOETS DIT EERS

Wanneer jy ’n toetsbord of muis vervang, moenie verwag dat jy een gaan kry wat presies dieselfde as die ou een voel nie. Maar toets ten minste die plaasvervanger in die winkel indien moontlik. Dit geld veral toetsborde.

KIES DIE REGTE MUIS

As jy van plan is om jou muis op verskeie ongelyke oppervlakke (hout, glas, metaal en jou bed!) te gebruik, oorweeg dit om Microsoft se BlueTracktegnologie te gebruik, wat selfs onder ongewenste toestande goed werk.

GROTER IS BETER

Wanneer jy jou skootrekenaar by die huis of werk gebruik, verbind ’n volgroottetoetsbord en muis daaraan vir meer gerief en om produktiwiteit oor lang tye te verhoog. Om jou skootrekenaarskerm tot ooghoogte te lig sal ook help.

LEES OOK:

6 maniere om oogspanning weens rekenaargebruik te keer

Getoetste Produkte: Elektroniese Speletjietoestelle

Is jy verslaaf aan tegnologie?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Moenie dat die keuses jou oorweldig nie – ons nuttige koopwenke sal jou help om die beste slimfoon vir jóú...

Close