×
Skakel na Engels

Getoetste produkte: Sakpas TV’s

’n TV van hoë gehalte hoef egter nie jou sak te ruk nie. Hier is van die beste winskopies
Sakpas TV’s

’n TV is ’n langtermyn-belegging. Dit maak dus sin om die beste tegnologie te koop wat jy kan bekostig sodat dit kan tred hou met dinge soos ultrahoëdefinisie-beeld en videostroming. Wanneer jy ’n nuwe TV soek, moenie die beeldgehalte beoordeel aan dít wat jy in die winkel sien nie. Videobronne in winkels is soms van ’n baie swak gehalte.

Plekbespaarder

GHK JUN Tested Products 4

LG 32LH510A, R3 500

Dit is die kleinste TV-stel wat jy vandag kan koop. As jy dit in jou kind se kamer gebruik, kan jy steeds USBhardeskywe, speletjieskonsoles of rekenaars wat HDMI gebruik daaraan koppel. Jy sal steeds goeie HD-beeldgehalte kry, maar daar is nie internetverbinding nie. KENMERKE: 32 duim, LED HD, 1 x HDMI, 1 x USB

Goeie begin

GHK JUN Tested Products 5

Samsung 40J5000, R5 000

Hierdie grootte is voldoende vir ’n kleiner woonvertrek. Dit is een van Samsung se gewildste reekse omdat die basiese kenmerke en beeldgehalte goeie waarde vir geld bied. Dit sluit Samsung se spesiale beskerming teen wisselvallige kragtoe voer in. As jy stroomdienste wil gebruik, mik eerder vir die J5200-model met wifi. KENMERKE: 40 duim, LED HD, 2 x HDMI, 1 x USB

Ware winskopie

GHK JUN Tested Products

Hisense 49K3110PW, R7 000

Hisense is ’n toonaangewende handelsmerk in China en het ’n goeie reputasie in Suid-Afrika opgebou. Sy TV’s word hier gemaak en het ’n ruim vierjaarwaarborg. Hierdie stel spog met die jongste tegnologie, goeie beeldgehalte en wifi, en die belangrikste stroom-apps (Netflix, ShowMax, YouTube en ander) is reeds daarop gelaai. Daar’s ook ’n kleiner 43-duimmodel teen heelwat minder beskikbaar. KENMERKE: 49 duim, LED HD, 2 x HDMI, 2 x USB, wifi/LAN

Veelsydigste

GHK JUN Tested Products 6

Samsung 49K6500, R9 800

As jy waarde vir geld soek, kyk na Samsung se Series 6-TV’s (nommers is in die 6 000’s), wat die regte kom bi nasie van ken merke, stewigheid en styl teen ’n billike prys bied. Hierdie model is ’n slim belegging met goeie beeldver wer king, sterk verbindingsopsies wat met ’n slimfoon gedeel kan word, en ’n stylvolle ontwerp. Dit is maklik ons topkeuse onder R10 000. KENMERKE: geboë 49duim-skerm, LED HD, 3 x HDMI, 2 x USB, wifi/LAN

Groter beeld

GHK JUN Tested Products 2

Hisense 55K3300UW, R11 000

Daar is tans baie min ultrahoëdefinisie-inhoud beskikbaar, maar ons sal vanjaar heelwat meer daarvan sien, selfs in Suid- Afrika. Dié TV is dus steeds ’n slim belegging. Dit het goeie beeldtegnologie vir die prys en dit bevat reeds die apps van al die topstroomdienste. Een lekker kenmerk is dat jy dit kan programmeer om direk na jou hardeskyf op te neem. KENMERKE: duim, LED 4K UHD, 4 x HDMI, 3 x USB, wifi/LAN

Helderder kleure

GHK JUN Tested Products 3

LG 55UH770V, R15 000

Dié stel spog met die jongste tegnologie, insluitend die kwantum-nanotegnologie van alle nuwe toonaangewende TV’s. Dit skep ’n wyer reeks kleure en gebruik dit akkurater om uitstaande beeldgehalte te lewer. Dit beteken eenvoudig die beeldgehalte is iets besonders, en dit word deur ongelooflike klank gesteun. Ons het nog altyd LGafstandbeheerders se knoppie-uitleg bo ander s’n verkies. KENMERKE: 55 duim, LED 4K UHD, 3 x HDMI, 3 x USB, wifi/LAN

In ’n klas van sy eie

GHK JUN Tested Products 7

Samsung 55KS9500, R30 000

Dié TV is vir ernstige videoliefhebbers wat marathonreeks kykers is en wat opgewonde raak oor die rolprentdetail van kuns flieks. Samsung is die kampioen van kwantumkol-nanotegnologie en hierdie stel se skermbeelde is asemrowend. Dit het ’n stylvolle ontwerp en ons hou van die losstaande HDMI/USB-verbin ding boks. KENMERKE: geboë 55duim-skerm, LED 4K UHD, 4 x HDMI, 3 x USB, wifi/LAN

Koopwenke

Koebaai, kurwes

Geboë skerms is ’n nuwigheid wat vinnig sy glans verloor het. Die meeste verbruikers het nie ’n verbetering aan hul kykervaring opgemerk nie en dis onprakties om die geboë skerms teen ’n plat muur te monteer.

Verbind dit

Die aantal HDMI-poorte is belangrik as jy verskeie toestelle tegelykertyd wil verbind.

Kyk hoe slim!

Die beste TV’s kan deur wifi of LAN-kabels aan die internet verbind word, wat dit ’n “slim”- TV maak. Dit laat jou toe om apps af te laai en videos te stroom.

Dis kuns

Ultrahoëdefinisie (UHD) of 4K pas twee keer soveel pieksels in ’n skerm wat ’n meer gedetailleerde beeld lewer. Netflix is tans die enigste manier om UHD -inhoud in SA te kry en dit lyk fantasties!

In die kol

Kwantumkol-tegnologie lewer nou akkurater kleure as ooit tevore.

Verlig

TV’s gebruik nou LED gloeilampe wat wit of blou lig van agter die skerm deur die vloeibare-kristallaag skyn en pieksels van verskil lende kleure vervaardig om die skermbeeld te maak.

FOTO: iStock/fotostorm

LEES OOK:

Hier is die salarisse van die grootste TV-sterre ooit!

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie

DStv Now, Netflix of ShowMax?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Getoetste produkte: Toetsbord en muis

Ondanks baie vordering in die rekenaarwese, soos raakskerms en stembeheer, is dit steeds die nederige toetsbord en muis wat ons...

Close