×
Skakel na Engels

Getoetste Produkte: Elektroniese Speletjietoestelle

Kies een wat jou begroting en jou kind se (of jou eie!) behoeftes die beste pas.

Vir die ouer generasie lyk dit of jongmense aan videospeletjies verslaaf is, maar sosiale kenners glo dié speletjies kan ’n mens vaardighede leer wat in die werkplek noodsaaklik is. Ons het ses opsies vir digitale vermaak onder die soeklig geplaas. 

KOEL KALANT

Console

Microsoft Xbox One S Prys sal later aangekondig word. www.xbox.com/en-ZA

PlayStation is die geesdriftige speler se keuse, maar die nuwe en baie kleiner Xbox het ’n opwindende en byderwetse ontwerp, speel 4K-video en gebruik baie minder krag. Jy kan jou ou Xbox speletjies daarop speel en ook speletjies van jou konsole na jou Windows-rekenaar stroom.

HOË-OKTAAN-HANDTOESTEL

Galaxy-S7--(2)

Samsung Galaxy S7 R11 600, www.samsung.co.za

Dis tans die beste foon van dié tophandelsnaam en dit bied alles in oormaat, van die blitsvinnige okta-kernverwerker tot die nuwe en verbeterde grafiese mikroskyfie en die Quad HD-5,1”-skerm, wat die beste in sy klas is. Die spesiale speletjiemodus kan onderbrekings soos oproepe en kennisgewings uitsny en jou skermaksie opneem.

LEER SPEEL-SPEEL

LeapTV-Game-Console-(2)

LeapTV R1 499, www.leapfrog.com

Dié robuuste en kindervriendelike konsole kom teen ’n fraksie van die prys van ’n PlayStation, tablet of slimfoon. LeapFrog het ’n beproefde formule vir leer deur digitale aktiwiteite met fisieke bewegings, wiskunde, wetenskap en probleemoplossing wat outomaties vir jou kind se ouderdom gestel is. Meer as 100 speletjies is beskikbaar. Jy kan dit op kassette kry of aflaai.

TEGNO-TIENERS

Raspberry Pi3

Raspberry Pi 3 Model B Starter Kit R1 799, www.raspberrypi.org

Dié volledige rekenaar wat op ’n palmgrootte stroombaanpaneel gebou is, het rekenaargeesdriftiges oraloor aan die gons. Dit word vir amateurrobotika, tuismediabedieners en veel meer gebruik. Die geheim is die kindervriendelike programmeringstale, en die gleuwe en sokke waar jy kameras, datakaarte en ander USB-toestelle kan inprop.

JONG UITVINDERS

Lego-Mindstorms--EV3-(1)

Lego Mindstorms EV3 R5 999, mindstorms.lego.com

Lego se mees tegniese stelle, wat na Seymour Papert se Mindstorms: Children, computers, and powerful ideas (Basic Books) genoem is, bevat elkeen ’n klein rekenaartjie wat met ’n paar eenvoudige tale geprogrammeer kan word. Dié derdegenerasie-konstruksiestelle bevat motore en lig-, klank- en kleursensors, en dit kan met ’n slimfoon beheer word.

DRAAGBARE BIELIE

Xiaomi-Redmi-Note-2-3 Elektroniese Speletjietoestelle

Xiaomi Redmi Note 2 R2 900, mia.africa.com/za

As jy senuagtig is om groot geld vir ’n elektroniese speelding op te dok het hierdie billike slimfoon fantastiese eienskappe, ’n massiewe 5,5”-vol- HD-skerm en ’n groot 3 060 mAHbattery om dit ure lank aan die gang te hou. Xiaomi is die vierde grootste foonvervaardiger in die wêreld, maar dis nog relatief nuut in Suid-Afrika.

KOOP SÓ ’N BASIESE SPELETJIEREKENAAR

Soebat iemand om ’n rekenaar vir huiswerk, maar jy weet dis eintlik vir speletjies? Jy kan verwag om minstens R8 500 te betaal. Hier is die belangrikste aspekte: Intel Core i3 CPU (±R2 300), 8 GB RAM (±R1 000) en die duurste NVIDIA-grafikakaart wat jy kan bekostig (bestee ±R2 500).

Lees: 6 gevaarlike speelgoed uit die jare toet

KOOP WENKE

AANKOPE BINNE-IN ’N APP

Jonger kinders is dalk onbewus van sogenaamde in-app-aankope, wat dikwels geadverteer word as ’n manier om ’n voorsprong in sekere slimfoonspeletjies te kry. As jy voorheen jou kredietkaart op dié toestel gebruik het, kan aankope outomaties deurgaan. Tref dus voorsorg.

PLAYSTATION OF XBOX?

Die tegnologie van dié videospeletjiekonsoles is byna identies. Kry wat ook al jou vriende het, want om aan groepaanlynspeletjies deel te neem is deesdae die belangrikste aspek van die speletjiewêreld, nie die tegnologie nie.

… OF ’N REKENAAR?

Rekenaars is die beste vir ouer spelers en verg ’n bietjie tegnokennis om dit voortdurend behoorlik te laat werk. Jy kan verwag om byna jaarliks ’n gedeelte van jou speletjiestelsel op te gradeer. Let wel: Skootrekenaars is moeiliker as staanrekenaars om op te gradeer.

AANLYN SPELETJIES

Die grootste videospeletjies word deesdae aanlyn saam met ander mense gespeel. Begroot om elke maand by hierdie betaalde netwerke in te skakel: PlayStation Plus (±R100), Xbox Live Gold (±R160) of Steam vir rekenaars (gratis). Daar is dikwels goed wat lede gratis of teen afslag kan aflaai.

KOOP SKYWE OF LAAI DIT AF?

Speletjies wat jy in die winkel op optiese skywe koop, is gerieflik om met vriende te deel en te ruil, maar dit kan maklik beskadig word of wegraak. Afgelaaide speletjies het ’n ekstra internetdatakoste, maar dit laai vinniger en kan nie wegraak, gesteel of beskadig word nie.

KRAGVERBRUIK

Ouer videospeletjiekonsoles gebruik tot 200 W krag wanneer dit in gebruik is (TV uitgesluit), maar moderne konsoles gebruik baie minder. Skakel dit af wanneer jy dit nie gebruik nie.

FOTO: iStock/Squaredpixels

 LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief