×
Skakel na Engels

Gesondheid vir jou gesin

4 maklike maniere om jou gesin gesond te hou

 

 

Groente vir gewig

 

Smokkel ’n bietjie groenigheid (én geel en rooi) by jou maaltye in – jy sal nie net jou inname van vars produkte verhoog nie, maar kan ook ’n paar kilo’s afskud.

 

 

Kalm met kamille

 

Daar is bewys dat dié kruiekuur werk. Pasiënte wat aan algemene angsstoornisse ly, het agt weke lank kapsules met kamille-ekstrak gedrink en ’n aansienlike verbetering van simptome (soos oormatige bekommernis) getoon vergeleke met dié wat ’n plasebo gedrink het. Die krui beïnvloed blykbaar breinchemikalieë op dieselfde wyse as wat medikasie teen angstigheid sou doen, sê navorsers. Mense wat aan die navorsing onderwerp is, het tot vyf kamillekapsules van 220 mg daagliks gedrink, afhangende van hoe ernstig hul simptome was. Gaan spreek ’n dokter as jou simptome voortduur.

 

 

Groentee vir geluk

 

In ’n studie onder meer as 1 000 Japannese van 70 of ouer is bevind dat die gemoedstoestand van diegene wat daagliks minstens vier koppies groentee gedrink het beter was as ander wat
’n koppie of minder gedrink 
het. Wat is die voordelige bestanddeel? Teanien, het die navorsers bevind.

 

 

Kies olyfolie

 

Verruil botter vir olyfolie – selfs as jy oorgewig is − want dit kan jou help om diabetes, hartkwale en ander siektes wat met vetrolletjies om die maag verbind word af te weer. Vetfeite: Wetenskaplikes het 20 mense met ’n groot buikomvang op diëte geplaas wat óf hoog aan versadigde vette was (die soort wat in rooivleis- en suiwelprodukte gevind word) óf mono-versadigde vette bevat (wat in olyfolie, avokado’s en neute voorkom). Volgens navorsers kan versadigde vette ontsteking veroorsaak wat tot siektes lei by iemand wat ’n bielie van ’n boep het, terwyl mono-versadigde vette selfs by oorgewig mense ontsteking kan voorkom.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moenie die snorkery ignoreer nie

’n Irritasie of ’n ernstige gesondheidsprobleem?

Close