×

Gesonde eetgewoontes met Minki van der Westhuizen

Die model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen praat oor die belang van ’n gesonde leefstyl en eetgewoontes
minki van der westhuizen

GWK, wat hulle roem op die vervaardiging van vars gehalteprodukte, het vroeër vanjaar die Nature’s Farms-handelsmerk bekendgestel. Nature’s Farms-pasta, -koekies en -meel word met vars bestanddele van hul plaaslike plase gemaak.

Die internasionale model, TV-aanbieder, vrou en en ma Minki van der Westhuizen het onlangs GWK Nature’s Farms se reeks produkte ontdek danksy haar liefde vir kosmaak. Ons het met haar gesels oor haar vars perspektief op ’n gesonde leefstyl en eetgewoontes.

V: Jy is terug in Suid-Afrika nadat jy tyd in Brittanje deurgebring het. Wat is jou gesin se planne vir die feestyd?

Minki: Ons gaan Hermanus en Stilbaai toe saam met ons familie. Ons familie is vir ons baie belangrik en dit is wat ons die meeste gemis het terwyl ons in Brittanje was. Dit is ’n seën om spesiale vakansies saam te kan deurbring.

 

V: Het julle enige spesiale vakansietradisies?

Minki: Omdat ons Kersfees tussen ons families verdeel, het ons twee groot maaltye. Kersvader bring die presente op Oukersaand, gevolg deur ’n heerlike maaltyd. Dan gaan ons op Kersdag kerk toe en dan het ons nog ’n groot Kersete.

Wanneer die meisies groot genoeg is, sal ons hulle soos Josef en Maria aantrek en as ’n familie saam Kersliedere sing.

 

V: Wat geniet jy van kook en bak vir jou familie?

 

Minki: Die meisies maak graag kolwyntjies. Ek is nie altyd so gretig nie, want die kombuis raak met meel bemors. Maar op die ou end is dit altyd ’n goeie idee, want hulle is dol oor die versiering en dis gehaltetyd wat ek saam met my dogters deurbring.

Ek en Ernst kook nie op die oomblik saam nie. Hy bad die kinders terwyl ek kosmaak. 😉

Ek verkies winterkos. Ek is dol daaroor om bredies en pastas te maak.

 

V: As ’n besige ma van twee, van watter soort resepte hou jy?

Minki: Ek het altyd pasta in my huis. Dis beslis my gunsteling-maaltyd. Dis eenvoudig en heerlik. Pasta is my trooskos.

 

V: Wat is ’n gunsteling-resep van die Van der Westhuizen-familie?

Minki: Boontjiebredie en pampoentert.

 

V: Wat is stapelkos in jou yskas en spens?

Minki: Nature’s Farms-pasta, -koekies en meel, asook ’n blikkies uie-en-tamatiemengsel en eiers.

 

V: Verkies jy soet of soutige eetgoed? 

Minki: O, ek hou van albei, maar waarskynlik meer van soutige kos.

 

V: Op Boer soek ’n vrou kry jy met die lewe van baie Suid-Afrikaanse boere te doen. Hoe het dit die manier beïnvloed waarop jy inkopies doen?

Minki: Ek ondersteun graag plaaslik vervaardigde produkte. Ek hou ook daarvan om te weet dat ek maatskappye ondersteun wat volhoubare boerdery bevorder.

Dit gaan vir my nou oor vars, heilsame gehalteprodukte wat goeie waarde vir geld is.

 

V: Dink jy hierdie blootstelling aan die boere het jou anders na produkte op die rak laat kyk?

Minki: Ja, beslis. Nou sal ek produkte soos Nature’s Farms kies, want hulle neem jou deur die voedselverskaffingsketting van die bron na die eindproduk. Hulle plaas selfs die naam van die plaas op hul verpakking, wat ’n wonderlike manier is om die plaas nader aan ons in ons huise te bring.

 

V: As jy ’n boer was, waarmee sou jy boer?

Minki: Waarskynlik skape. Ek is dol oor lamstjops. 😉

 

V: Jy het onlangs vir die eerste keer perdgery. Is jy ’n avontuurlike soort mens?

Minki: Ja, beslis! My man grap altyd dat ek “FOMO” (fear of missing out) het. Ha-ha! Ek hou daarvan om nuwe en opwindende dinge te probeer. Ek hou daarvan om myself uit te daag.

 

V: Geniet jy dit om by die huis te onthaal?

Minki: Ja, ek is dol daaroor. Ons onthaal dikwels. Ek het dit ook gemis terwyl ons in Brittanje gewoon het. Die huise daar is te klein om meer as twee paartjies op ’n keer te onthaal.

 

V: Het jy enige onthaaltruuks?

Minki: Ja, ek maak graag kos wat ek kan berei net voordat die gaste opdaag. Kos wat warm of koud goed smaak. En dan voeg ek miskien net vleis uit die oond of van die braai by. Dus baie pasta- en graanslaaie.

 

V: Watter Suid-Afrikaanse kos het jy die meeste gemis terwyl julle in Brittanje was?

Minki: Vleis wat op houtkole gebraai is.

 

Nature’s Farms-produkte is nou by plaaslike Pick n Pay-takke en uitgesoekte Checkers-takke landwyd beskikbaar. Besoek www.gwk.co.za en www.facebook.com/gwkbpk vir nog inligting.

 

nf_pasta_screws_front4nf_biscuits_lucky-valley_front7

nf_flour_lilydale_front4

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief