×

Geskenke van generasie tot generasie

Trollbeads is ’n handelsmerk vir versameljuweliersware wat ontwerp is om aandenkings te word wat alle generasies kan geniet.
generasie

Met meer as 600 uitruilbare krale sal jy beslis iets kry om jou storie te vertel.

Trollbeads het nog altyd daarop gefokus om skoonheid deur magiese, mistieke en sonderlinge temas uit te druk. Jy sal ’n Trollbead kry wat tot jou spreek, ongeag jou ouderdom of styl.

’n Silwersmid, Søren Nielsen, het die eerste Trollbead in 1976 in Kopenhagen kunstig ontwerp en gemaak. Trollbeads het hul ontwerpe mettertyd aangepas sodat die krale aan armbande geryg kan word. Al is dit 40 jaar gelede geskep, het die handelsmerk nog altyd relevant en bewus van tendense gebly.

Hierdie invloedryke familiesaak het toegang tot internasionale markte verkry, en Trollbeads is nou in 30 lande wêreldwyd beskikbaar. Meer as 90 befaamde internasionale ontwerpers het tot die versameling bygedra en dit sluit nou goue, pêrel- en glaskrale in.

Om Trollbeads met geliefdes te deel skep blywende herinneringe. Of dit nou as ’n geskenk gegee word of as ’n simbool gedra word om ’n liefdevolle herinnering te verteenwoordig, Trollbeads is moet-hê-artikels om te geniet en te versamel.

Besoek http://www.trollbeads.com/en-za vir meer inligting.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen elegante juweliersware van Georgini

Hierdie kompetisie is gesluit

Close