×

Dís hoe GH-leser Farenaaz Allie 36 kg verloor het

Farenaaz Allie is ’n 44-jarige-oue maatskaplike werker en getroude ma van drie. Sy het haar gesondheid in haar eie hande geneem en ons is baie trots op haar.

 

KOS AS BELONING

Ek het in ’n kultuur en familie grootgeword waar ons die lewe met kos gevier het, en gewoonlik kos wat baie koolhidrate bevat of in olie gediepbraai is. Ek was nog altyd oorgewig en is gespot. As volwassene het ek besef ek is ’n emosionele eter. Wanneer daar uitdagings was, het ek my ooreet. Ek het baie bewus geword van hoe ek lyk – die spottery het emosionele letsels gelaat – en myself onbewustelik sosiaal onttrek.

’N NUWE BLAADJIE

Vir jare was ek die toeskouer. Ek het nie die energie gehad om saam met my kinders te stap of in die park te gaan fietsry nie. Al oefening wat ek gedoen het, was om die TV se afstandbeheer op te lig. Op 40 het ek ’n keerpunt bereik. Ek was nie gelukkig met wie ek is nie. Ek het by Weigh-Less aangesluit en besef dit moet ’n leefstyl word. Ek moes ’n nuwe verhouding met kos kweek. Veertien maande later het ek my doelgewig bereik – die beste gevoel in die wêreld. Ek het 36 kg verloor en was eindelik die vrou wat ek nog altyd moes wees.

before farenaaz

MEER SELFVERTROUE

By Weigh-Less het ek van gesonde eetgewoontes, porsiebeheer en die belangrikheid van oefening geleer, asook hoe om holisties na myself om te sien. Die program sny nie voedselgroepe uit nie. Ek het vier maaltye per dag geëet en nooit honger gely nie. Elke inweging was die hoogtepunt van my week. Hoe meer gewig ek afgeskud het, hoe meer selfversekerd het ek geword. Nie almal was bly oor die verandering nie – mense was gewoond aan die “vetter” ek, maar ek het nie toegelaat dat ander se houdings my van stryk bring nie. Ek’s dol oor die vrou wat ek geword het. Ek het meer energie en glimlag wanneer ek in die spieël kyk.

Lees: Kyk na hierdie vrou se 90 kg-gewigsverliestransformasie

’N TIPIESE DAG SE KOS

ONTBYT: ’n Veselryke ontbytpap soos Kellogg’s All-Bran Flakes of kitshawermout met afgeroomde melk, en veselryke vrugte soos ’n halwe pomelo of papaja

MIDDAGETE: Tunaslaai

AANDETE: Groente met geroosterde hoender of vis (of bredie of sop)

DRANKIES: 2 liter water; twee koppies koffie

PEUSELHAPPIES: Provitas met maaskaas en vrugte, of ’n jogurt

WENKE

WEES GEORGANISEERD

As jy nie beplan nie, beplan jy om te misluk. Ek koop elke Sondag al die kos wat ek vir die week moet hê.

MAAK TYD VIR OEFEN

Stap die gewig af. Vind oefening waarvan jy hou.

MOENIE LAAT EET NIE

Ek probeer om nie ná 19:00 te eet nie.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 dinge oor probiotika wat jou maagdokter wil hê jy moet weet

Op pad apteek toe om iets vir ’n gesonder maagdermkanaal te kry? Lees eers hier ... Deur Natalie Healey

Close