×
Skakel na Engels

Gee woema aan jou grasperk

Elke tuinier droom van ’n welige grasmat en aanrolgras is die vinnigste en gewildste manier

 

1 KOPHOU MET KITS

 

Behalwe as jy so gelukkig is om ’n fluweelagtige grasperk te hê, is jou opsies: die saai van saad (nét vir die ervarenes); grassaailinge wat jy in bakkies by die kwekery koop; of spesiaal bewerkte sooie. Hoewel saadbakkies ’n meer ekonomiese opsie as kitsgras is, neem dit langer om ’n behoorlike grasperk te vestig. Die saailinge is delikaat en die proses is arbeidsintensief. ’n Kitsgrasperk bied jou die hoogste kans op sukses en ’n lang gebruiksduur – en kitsbevrediging vir jóú.

 

2 SELFDOEN OF NIE?

 

Dis geen wandeling in die park om kitsgras te lê nie en dis die beste om dit aan kundiges oor te laat. ’n Professionele maatskappy sal die terrein besoek om afme- tings te neem en die grondgehalte en omstandighede vas te stel om te bepaal watter soort gras die beste sal aard. Voorbereiding behels die omskoffel van grond, die verwydering van afvalmateriaal en onkruid en ’n gelyk grondlaag. Laastens word kompos en bemestingstof in die grondbedding gespit voor die sooie gelê word.

GH-WENK: Die meeste landskap- ondernemings beveel die installering

 

3 WATTER SOORT GRAS?

 

Ongeag of jy geharde turfsooie soek wat elke seisoen kan weerstaan of van ’n fluweelagtige oase droom, ’n landskap-onderneming sal jou kan raad gee oor die soort gras wat die beste vir jou tuin geskik is. Oorwegings sluit in die hoeveelheid sonskyn en/of skaduwee per dag, die grondtipe, die streek (kus, binneland, of gebiede wat geneig is tot ryp, hitte, reën of droogte) en aan watter soort voetverkeer die gras onderhewig sal wees (kinders en troetel- diere ingesluit). Hoewel daar heelwat aanrol-variëteite is om van te kies, is die volgende soorte die gewildste: Ÿ

  • Berea Dié gras wat ook as LM be- kendstaan, is gewild vir sy uitsteken- de toleransie van skaduwee. Dis ’n in- heemse grassoort wat aangenaam is om op te loop met ’n sagte tot medium tekstuur en ’n lieflike liggroen kleur.
  • Buffelgras met sy waterwys karakter, skadu-verdraagsaamheid, diep kleur en inheemse status is buffelsgras bo-aan die gewildheidsleer. Dit groei stadig en hoef minder gesny te word. ’n Belangrike oorweging vir mense met kinders is die tekstuur, wat van medium tot grof wissel.
  • Gulf Green Dié inheemse grassoort het ’n reputasie vir die sagste tekstuur en ’n skitterende smaraggroen skakering. Dis gras wat hoë onderhoud en baie water in die somer verg. Gulf Green vaar goed in gebiede met ’n hoë winterreën- val en is bestand teen voetverkeer. Ÿ
  • Kikoejoe Dis ’n taai, gewilde, bekos- tigbare keuse met ’n sagte tot medium tekstuur en ’n pragtige kleur. Dis ’n kragtige groeier nadat dit eers gevestig is en moet gereeld gesny en natgelei word (gewoonlik een keer per week). Dit vereis gereelde bemesting en hou van volson. Dit het ’n reputasie dat dit in die winter verbruin (dit geld nie vir die lente en somer nie). Dit dra swaar verkeer en is kinder- en troeteldiervriendelik.

4 LAAT DIT SOOS ’N GRASBRAND VERSPREI

 

Die vestiging van ’n grasperk is ’n langtermyn-verbintenis wat gereel- de natlei, onkruidverwydering, hark- en snywerk en bemesting vereis.

 

5 GEREEDSKAP

 

Die prys van ’n nuwe grasperk sluit meer as net die gras en die installering daarvan in. As dit jou eerste grasperk is, sal jy ook ’n paar basiese noodsaaklikhede benodig:

  1. ’n Grassnyer. Kies een wat geskik is vir die grootte van jou grasperk en wat maklik weggebêre kan word wan- neer jy dit nie gebruik nie.
  2. ’n Hark met veerkragtige tande vir die verwydering van blare en afvalma- teriaal. (Dié soort hark sal nie die gras- perk beskadig nie.)
  3. ’n Skaapskêr om blombeddings en die grasperk se rand netjies te hou.
  4. Onkruidverwyderaar wat diep kan delf om wortels te verwyder.
  5. Toerusting om bemesting in te werk.
  6. ’n Besproeiingstelsel wat met die hand of outomaties werk
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 wenke vir ’n welige tuin

Laat jou tuin (of dit nou posseëlgrootte of ’n park is) tot sy volle wasdom kom met dié wenke van...

Close