×
Skakel na Engels

Gebruik só huishoudelike produkte om jou grimeerkwaste skoon te maak

Maklike en doeltreffende wenke wat wérk!
grimeerkwaste

Dit wat ons gebruik om ons grimering mee aan te sit, is net so belangrik soos die produk wat ons op ons gesig gebruik, en tog is dit iets wat baie min van ons gereeld skoonmaak. Grimeerkwaste móét gereeld gewas word aangesien skoon kwaste keer dat bakterieë versprei, wat tot velirritasies en -probleme kan lei.

Jy behoort jou kwaste een keer ’n maand te was en hoewel produkte spesiaal vir dié doel beskikbaar is, kan jy dit net so goed skoonmaak met produkte wat jy reeds in jou huis het. Doen dit dus sommer self en spaar boonop ’n paar rand.

Lees ook: Wanneer moet jy jou grimeerkwaste was?

1. Babasjampoe

Voeg ’n bietjie babasjampoe by ’n emmer louwarm water en draai die vuil kwaste daarin totdat die water skuim maak. Gebruik jou vingers as dit nodig is. Spoel dan al die seep van die kwaste met koue water af.

2. Geurlose seep

Doodgewone, ongegeurde seep is perfek vir die skoonmaak van grimeerkwaste. Maak die kwas nat, rol dit oor die koekie seep en spoel dit onder ’n kraan af totdat die lopende water skoon is.

Lees ook: Kies die beste onderlaagformule

3. Skottelgoedseep

Skottelgoedseep is ’n sterk reiniger, wat dit ideaal maak om grimering van kwaste te verwyder. Gebruik dit in die plek van babasjampoe. Die resultaat sal dieselfde wees: silwerskoon kwaste!

4. Olyfolie

Druk jou kwas in olyfolie en masseer dit totdat die harde aangeplakte grimering sag word. Vryf dan die kwas op ’n skoon spons om al die grimering te verwyder. Om van oormatige olie ontslae te raak, was die kwas met ’n reiniger of sjampoe. En siedaar!

FOTO: iStock/lokisurina

LEES OOK:

7 wenke om elke druppel van jou skoonheidsprodukte te gebruik

5 produkte wat elke grimeersakkie kort

Ultra-luukse grimeerkwaste vir die volmaakte voorkoms

Alles wat jy van permanente grimering moet weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is wimpergolwing en wat kan dit vir jou oë doen?

Maak jou reg vir baie oogkontak!

Close