×
Skakel na Engels

Gaan jy langer jonger lyk as jy op jou rug slaap?

Hulle noem dit nie verniet ’n skoonheidslaap nie!
jonger

Ons bring ’n groot deel van ons lewe – amper ’n derde daarvan – in Morpheus se arms deur, en hierdie tyd is belangrik, want dis wanneer ons van die dag herstel en ons liggaam homself op die volgende dag voorberei.

Wanneer ons slaap, werk ons groeihormone hard om beskadigde selle te herstel en sodoende die verouderingsproses te vertraag. Ons hidrasievlakke raak meer gebalanseerd en kortisolvlakke gestabiliseer, wat inflammasie voorkom.

Ons kollageenvlakke word herstel sodat ons met ’n plomp, stralende vel wakker word. Aangesien die tyd wat ons in droomland deurbring so belangrik is, behoort jy die meeste van jou slaap te maak, en dit kan beteken dat jy jou gaan-slaap-posisie verander.

Lees ook: Sekere slaappatrone kan jou gewig beïnvloed

Die meeste van ons raak op ons sy of ons maag aan die slaap, maar hoewel dit ’n gemaklike posisie is, is dit sleg vir jou vel aangesien daar heelnag druk op jou gesig toegepas word. Mettertyd kan hierdie konstante druk daartoe lei dat permanente lyntjies en plooie op jou gesig, nek en hals ontwikkel.

Om op jou rug te slaap beteken egter dat jou vel nie gedruk word nie en dat jou produkte op jou vel kan inwerk – in plaas daarvan om deur jou beddegoed geabsorbeer te word. Maar hoe kan jy jouself leer om iets te doen (of nié te doen nie) terwyl jy slaap?

Lees ook: Oefen jou brein vir meer slaap

Dit klink dalk na ’n saak van onmoontlikheid, maar met ’n bietjie geduld is dit iets wat maklik gedoen kan word. Die eerste stap is om te probeer om op jou rug aan die slaap te raak en, as jy gedurende die nag op jou maag of sy wakker word, weer op jou rug te draai.

’n Nuttige wenk is om kussings aan weerskante van jou te pak sodat jy tussen hulle lê; dit maak dit moeiliker om in jou slaap om te draai en herinner jou om op jou rug te bly. Dit kan dalk ’n maand of twee neem, maar uiteindelik gaan dit outomaties en gemaklik word, en kan dit help om fyn lyntjies, plooie en pofferigheid te voorkom wanneer jy wakker word, sowel as op die lange duur. Dis seker wat hulle met ’n skoonheidslaap bedoel!

FOTO: iStock/Geber86

LEES OOK:

Eet dít om beter te slaap

Wat jou slaapposisie van jou sê

5 mites oor velveroudering ontbloot!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Hou die vel op jou nek en ken mooi ferm

Close