×
Skakel na Engels

Gaan jou kinders te laat slaap?

Hierdie nuttige tabel kan jou dalk verbaas!
slaap

’n Bedtydtabel wat soos ’n veldbrand aanlyn versprei, het ’n groot debat onder ouers ontlok. Dis gegrond op jou kind se ouderdom en sê vir jou wanneer jy hulle moet laat gaan slaap sodat hulle genoeg rus vir die volgende dag kry – en baie ouers is verras oor hoe vroeg die slaaptye is.

Stacy Karlsen, ’n opvoeder van Wilson Elementary in Kenosha, Wisconsin in die VSA, het die tabel op 28 Augustus op Facebook geplaas omdat sy gedink het dit kan nuttig vir ouers en kinders by haar skool wees. Sedertdien is dit meer as 387 000 keer gedeel!

“Vir my was dit ’n skok [dat die plasing soveel keer gedeel is]. Ek het dit nie saamgestel nie. Ek het dit toevallig op my persoonlike blad gesien en gedink: Sjoe, dis supernuttig,” het sy gesê.

Maar baie ma’s en pa’s vind die tabel se rigiede riglyne enige iets behalwe nuttig: “Dit is nie die weermag nie en as ek my kinders 19:00 moet bed toe stuur, sal hulle al 04:00 weer wakker wees – nee, dankie … én ek sal nooit ná skool tyd saam met hulle kan deurbring nie,” het een ma, Erica Bodie, in die kommentaar gesê.

En tog, vir ander soos Faith Meadows Longorio het dit net bevestig wat hulle nog altyd gedoen het. “Ek het vier kinders, en ek het al baie kritiek oor hul bedtye gekry,” het sy gesê. “Ek het jare gelede hul bedtye vasgestel op grond van hoeveel slaap hulle nodig het … Ek’s bly om te sien hierdie tabel regverdig die presiese tye wat ons reeds toepas!”

Dokters beveel aan dat kinders tussen drie en ses jaar elke dag sowat tien tot 12 uur slaap kry. En sewe- tot 12-jariges vaar die beste met tien of 11 uur. Hoekom? Te min slaap kan tot gewigstoename lei en hul fisieke, emosionele en sosiale gesondheid skaad.

Hierdie nuttige tabel kan dus help verseker dat jou kinders genoeg rus kry. Oor hoe om hulle ín die bed te kry en aan die slaap te laat raak, beveel die pediater dr. Jennifer Shu aan dat ’n roetine saans geskep word wat kinders help om te ontspan, soos die “vier B’s: bad, borsel tande, boeke en bedtyd.”

right bedtime_afr_9.9_megan_(chart)

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping in die VSA verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste en die slegste slaapkleure

Die kleur van jou slaapkamer se dekor kan keer dat jy ’n goeie nagrus geniet

Close