×

FRANSE PAASBOLLETJIE-WAFELS MET GEKLOPTE HEUNINGBOTTER

Hierdie Franse Paasbolletjie-wafels het ’n heerlike tekstuur, en saam met vye en geklopte heuningbotter is dit ’n lieflike keuse vir ’n noenontbyt

Bestanddele

  • 3 eiers
  • 180 ml room
  • 250 g sagte botter
  • 6 Paasbolletjies
  • 60 ml heuning
  • 5 ml fyn kaneel
  • vye en versiersuiker vir versiering

Metode

1. Klop die eiers en voeg dit by die room.

2. Doop die bolletjies vir vyf sekondes in die mengsel.

3. Plaas die geweekte bolletjies in ’n wafelmaker of pan en braai tot goudbruin.

4. Meng die botter, heuning en kaneel saam tot donsig.

5. Skep ’n rojale hopie geklopte heuningbotter op elke Paasbolletjie-wafel.

6. Sif versiersuiker oor en sit onmiddellik voor.

 

Bak jou eie paasbolletjies

Om met MOIR’S-bakpoeier – die geheime bestanddeel vir heerlike Paasbolletjies – te bak is vinniger en makliker as om met gis te bak. Kliek HIER vir ’n maklike, heerlike Paasbolletjieresep.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
PAASBOLLETJIEPOEDING

Dink net aan al daardie heerlike geure en hoe die kombinasie ’n gesinsgunsteling nog lekkerder kan maak!

Close