×
Skakel na Engels

Fliekteaters kies die digitale roete of verdwyn

Mal oor die Labia-teater? Ondersteun dan die Digital Gold-projek

 

 

Kaapstad se geliefde Labia-teater – die oudste onafhanklike kuns-repertoriumteater in Suid-Afrika – is in ’n verknorsing: Hulle moet duur digitale projektors koop of net ou flieks wys.

 

Hoekom, vra jy. Want flieks oor die wêreld heen word nou net in digitale formaat versprei, wat selluloïed-fliekprojektors skielik oorbodig maak.

 

Groter teaters is beter toegerus om die koste van digitale projektors te absorbeer – ’n nuwe digitale projektor kos sowat ’n halfmiljoen rand – maar onafhanklike teaters wêreldwyd word deur uitsterwing bedreig.

 

 

Hoe om te help

 

Die Labia-teater en die Thundafund-finansieringsplatform het die Digital Gold-veldtog van stapel gestuur om geld in te samel.

 

Dis egter nie liefdadigheid nie. Inteendeel, mense wat hulle tot geldelike hulp verbind, kry belonings op ’n glyskaal, van die naamgewing van die onderskeie ouditoriums tot gratis fliekkaartjies.

 

Wil jy help? Besoek die Digital Gold-webwerf vanaf 24 Julie 2014 en laat weet hulle hoeveel jy bereid is om te skenk.

 

Note: Thunderfund werk op ’n alles-of-niks-grondslag. As minder as R150 000 (die koste van een tweedehandse projektor) vir die projek van belowers ingesamel word, word al die geld aan die belowers terugbetaal. Die finale doelwit is R2 miljoen, wat die Labia met vier nuwe projektors sal toerus – een vir elk van die vier ouditoriums.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Naweekpret

Eet dié naweek uit, woon ’n fees by of raak fiks! Deur Leah van Deventer

Close