×

Dís hoe GH-leser, Clifford James, 38 kg verloor het!

Clifford James het besef sy leefstyl moet dringend verander, hy het sy kop reggekry en 38 kg verloor!
Clifford James

STRES = EET

Ek is met ’n gewas op my maag gebore en het baie tyd in die hospitaal deurgebring. My ma, ’n operasanger, was my rolmodel en ek wou soos sy wees. Ek het nooit in sport belanggestel nie. Sy is oorlede toe ek sewe was, en ek was verpletter en het baie behoeftig geword. My pa het my gevoer om my kalm te hou. Ek het ’n stres-eter geword wat myself sou ooreet om die pyn te onderdruk. Teen die tyd dat ek ’n volwassene was, was my eetgewoontes en leefstyl baie onreëlmatig. Ek sou saans laat eet, baie bier en wyn drink en geen oefening doen nie. Ek het ook kos geëet wat baie suiker, vet en stysel bevat.

DIE KEERPUNT

Twee jaar gelede op ’n vlug Kanada toe het ek gesukkel om in die sitplek te pas. Iets het “gekliek” en ek het besef dat ek blywende veranderinge moes maak. Ek het by ’n gim aangesluit en 15 kilo’s verloor, maar ek was moeg en het nie reg geëet nie. ’n Vriend het my aan Weigh-Less bekendgestel. Die eetplan was gebalanseerd en het voorsiening gemaak vir my liefde vir kos. My gewigsverlies was vinnig en konstant. En ek het energie gehad! Dit het agt maande geneem om my doelgewig te bereik. Mense was stomgeslaan en dit het my selfbeeld ’n hupstoot gegee. Verlede jaar het ek die titel Weigh-Less Man van die Jaar gewen, wat die kersie op die koek van ’n totale lewensverandering was.

SPLINTERNUWE SIKSPENS

Ek voel 20 jaar jonger. Ek dink helderder en het meer ywer en ambisie. Ek doen goed wat ek nooit gedink het moontlik is nie, soos driekamp en die Midmarmyl. Ek is nou ’n opgeleide persoonlike afrigter en ’n Aquafit-instrukteur. Ek is ook ’n nasionale spreker vir Weigh-Less. My persoonlike lewe is meer vervullend – my libido is terug – en ek voel verlief op myself. My gewigsverlies het my lewe verander en onlangs ’n spesiale persoon in my lewe ingebring.

CLIFF JAMES PIC

Lees: 6 maniere om jou dieet weer op dreef te kry

 

’N TIPIESE DAG SE KOS

ONTBYT: Hawermout met amandels, ’n knippie kaneel en sultanas

MIDDAGETE: Pastaslaai met ’n proteïen – hoender, tuna of salm – en baie groente

AANDETE: ’n Ligte sop of slaai (geen koolhidrate nie)

PEUSELHAPPIES: Vrugteslaai met jogurt, biltong en, saans laat, ’n blokkie sjokolade

DRANKIES: 2,5 liter water, ’n Vida-koffie in die oggend, rooibostee. Dan en wan ’n glas wyn of ’n bier, maar altyd saam met ’n glas water.

 

WENKE

BEPLAN VOORUIT: Wees voorbereid – met jou kos, daaglikse take en jou lewe – om verskonings vir mislukking te vermy.

WEES KREATIEF: Keer dat jy verveeld raak deur jou kos opwindend te maak.

WEES LIEF VIR JOUSELF: Doen dit vir jouself – net vir jou!

 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís hoe GH-leser, Craig Wiley, 17 kg verloor het

Craig Wiley is ’n 47-jarige bouer en pa van twee wat besluit het om sy gesondheid ’n prioriteit maak en...

Close