×
Skakel na Engels

Emosies wat ons almal het wanneer ons probeer gewig verloor

Die meeste van ons het al minstens een keer in ons lewe gesonder probeer eet of gewig verloor. Die volgende emosies is maar net te werklik

Die meeste vroue kan hulle minstens een keer in hul lewe met hierdie emosies assosieer:

  1. Aanvanklik is jy regtig opgewonde en dit voel of jy jou beheer teruggekry het en dat jy uiteindelik vanjaar daardie doelwitte gaan bereik

via GIPHY

2. Maar dan, ná twee volle dae van dieet, haal jy die jeans uit die kas wat jy nog nie sedert verlede winter uitgepak het nie en probeer in dit inkom. Iemand moes dit in die tuimeldroër gesit het, redeneer jy.

via GIPHY

3. Op die derde dag laat die gedagte aan tuna, hoender en enige iets groens jou só voel:

via GIPHY

4. En die gedagte daaraan om weer hierdie week gim toe te gaan klink regtig nie lekker nie.

via GIPHY

5. Wanneer Vrydag aanbreek, kan jy eenvoudig nie die gedagte aan nog ’n tuisgemaakte maaltyd en ’n aand sonder ’n glas wyn verduur nie.

 

via GIPHY

6. Jy het dit uiteindelik reggekry om die langbroek toe te rits wat jy weggebêre het vir “eendag wanneer …”

 

via GIPHY

7. En dan bring ’n kollega koek kantoor toe terwyl jy so hard probeer om gesond te eet.

 

via GIPHY

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 verrassende maniere om te verslank

Dit hoef nie ’n stryd te wees om gewig te verloor en jou lyf te verferm nie – probeer gerus...

Close