×
Skakel na Engels

Ek wil my haarlyn terughê

Die haarlyn is jou hare se swak plek, en die grootste sondebok onder swart vroue is ’n toestand genaamd alopesie, waar ’n konstante getrek of spanning van die hare oor tyd tot haarverlies lei

 

 

Wat veroorsaak die skade?

 

Die haarlyn is jou hare se swak plek, en die grootste sondebok onder swart vroue is ’n toestand genaamd alopesie, waar ’n konstante getrek of spanning van die hare oor tyd tot haarverlies lei. Ander oorsake van haarlynverlies is die oorgebruik van stileerhulpmiddels en haarontgolfmiddels en haarkeuses soos ingevlegte hare of haarverlengings (“weaves”), stywe poniesterte en vlegsels. Dit beteken nie jy kan nie hierdie style dra nie, maar dit moet op ’n follikelvriendelike manier gedoen word!

 

 

 

Wenke om jou haarlyn te laat teruggroei

 

As die follikels op die kopvel nie beskadig is nie, kan dit teruggroei.

1. Bly weg van stileergereedskap vir minstens ’n week (of langer, as die skade aansienlik is).

2. Masseer jou kopvel en haarlyn met ’n stimulerende groei-olie wat bloedvloei na die kopvel aanmoedig en nuwe haargroei by die wortels sal aanhelp.

3. Voorkom verstopte porieë deur jou kopvel gereeld te was.

4. Vermy die gebruik van jels en olierige rome op die kopvel.

5. Moenie stileermetodes gebruik wat die hare trek nie.

 

 

 

Voorsorg voorkom nasorg

 

  • Vermy oormatige hitte op jou haarlyn en gebruik altyd ’n hittebeskermer wanneer jy dit stileer.
  • Gebruik Vaseline om die haarlyn te bedek om te keer dat produkte dit beskadig wanneer jy jou hare ontgolf.
  • Wanneer jy vlegseltjies dra, wees bewus van die gewig daarvan, want swaar verlengings aan fyn hare kan veroorsaak dat dit by die wortels afbreek.
  • Belê in ’n gomlose pruik pleks van haarstukke aan ’n delikate haarlyn vas te plak.
  • Wanneer jy hare laat invleg, vra jou stilis om die rande uit te los, veral as daar reeds tekens van skade is.

 

 

 

Produkte waarvan ons hou

 

 

Schwarzkopf Smooth & Shine Smooth ’n Shine Wonder Spray met moringa- en olyfolie

 

 

 

 

Philip Kingsley Stimulating Scalp Mask

 

 

 

 

Dr Miracles Repair Damaged Hair Medicated Treatment

 

 Pic: Gallo Images/Getty Images

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 reëls vir vroue wat hul hare natuurlik wil dra

Die neiging vir swart vroue om hul hare natuurlik te dra raak al hoe gewilder – en ons is groot...

Close