×
Skakel na Engels

Eet meer van dié kankerbevegtende groente

Navorsers het bevind as jy meer van dié groente eet, kan jy jou risiko vir kanker met meer as 50% verminder

 

 

Maak goeie vriende met pepermente: Italiaanse navorsers het bevind dat mense wat baie uie en knoffel eet die kleinste risiko het om talle soorte kanker te ontwikkel.

 

Deur byvoorbeeld sewe of meer porsies uie per week te eet kan die risiko van kolonkanker met 56 persent gesny word, terwyl groot hoeveelhede knoffel (navorsers het nie die hoeveelheid porsies gespesifiseer nie) die risiko met 26 persent verminder.

 

Die navorsers is nie seker presies waarom dit so ’n goeie uitwerking het nie, maar laboratoriumstudies het gewys dat die swawelkomponente wat hierdie groentes hul byt gee, dalk ook die kanker beveg.

 

Hou jy nie van die byt nie? Dan kan jy uie karamelliseer om hul soetigheid uit te bring (dit smaak lekker as garnering vir vleis).

 

RESEPTE OM TE PROBEER:

Gevulde aartappel met chilli con carne

Mediterreense kekerertjie-en-chorizoslaai

Gebakte worsies met appels

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 soorte eetgoed wat jou ouer laat lyk

As jy dié eet- en drinkgoed uit jou dieet sny, kan dit jou jare jonger laat lyk

Close