×
Skakel na Engels

Eet jou pad na ’n mooi vel

Help jou vel om van binne af buite toe gesond te bly

Dis belangrik om goed vir jou vel te sorg, en om jouself met maskers, rome en serums te bederf is belangrik, maar dit kan net soveel doen. Om van binne af vir jou liggaam te sorg deur velversterkende bestanddele by jou maaltye in te sluit, sal jou ’n pragtige, gloeiende vel gee.

Vitamien C

orange

pinterest.com

Vitamien C is belangrik vir die produksie van kollageen, wat die vel ferm hou.

Kosse wat ryk aan vitamien C is, is lemoene, aarbeie, tamaties, soetrissies (rooi, groen en geel), broccoli, mango’s en waatlemoen.

 

Vitamien E

smartbite

pinterest.com

Vitamien E beskerm jou vel teen UV-straling en dit is ’n kragtige antioksidant wat beskadigde selle help herstel.

Kosse wat ryk aan vitamien E is, is neute, sade, spinasie en volgraan-ontbytkos.


Betakaroteen

red peppers

pinterest.com

Betakaroteen word in vitamien A omgesit en is nog ’n kragtige antioksidant. Ons het vitamien A nodig vir ’n gesonde immuunstelsel, goeie ooggesondheid en visie, en dit help om liggaamsweefsel te herstel.

Kosse wat ryk aan vitamien A is, is wortels, rooi soetrissies, patat, pampoen en appelkose.

Omega 3-vetsure

Omega 3-vetsure help om ontsteking te beveg en die vel van binne te genees. Ekseem, dermatitis en psoriase vind alles baat by die anti-inflammatoriese voordele van visolie en dit is ’n natuurlike bevogtiger wat ’n droë vel nuwe lewe gee.

Kosse wat ryk aan omega 3-vetsure is, is salm, sardiens, vlassaad, okkerneute en sojabone.
 

Seleen

eggs

pinterest.com

Seleen help om die vel elasties en ferm te hou en beskerm dit teen sonskade.

Kosse wat ryk aan seleen is, is eiers, sampioene, krap, oesters, tuna en Brasiliaanse neute.

Ons het ’n fantastiese digitale resepteboek deur Smartbite Foods op die Clicks-webwerf gekry wat jy gratis kan aflaai: https://campaigns.clicks.co.za/smartbite/SmartbiteDigitalRecipeBook/#1

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
12 kosse wat jou moeg maak

Is jy moeg daarvoor om smiddae, wel, moeg te voel? Dis dalk tyd om jou dieet te verander ... Deur...

Close