×
Skakel na Engels

Eet dít vir minder stres

Om kosse te eet wat jou rustiger maak, is ’n lekkerder alternatief vir diep asemhaling en stresballe.
ett stres weg

Sien, dis nie altyd so ’n slegte idee om te eet wanneer jy gespanne voel nie! Eet hierdie 4 kosse nou om minder te stres:

Maer vleis

Jy is geneig om makliker te stres wanneer jy reeds miserabel voel. Maer bief is ’n goeie bron van sink, wat angstigheid en depressie- agtige simptome afweer.

Probeer dit

Meng 3 k blaarslaai met 85 g gaar maer bief, in skywe gesny; 1⁄2 k gaar patat, in blokkies gesny; 1 k rooi soetrissie, in repe gesny; 1⁄2 k opgesnyde groenbone en 2 e vinaigrette.

Lemoene

Die vitamien C in lemoene kan inf lammasie in jou liggaam verminder. Dit sê vir jou brein om op te hou om jou gestel met die streshormoon kortisol te oorlaai.

Probeer dit

Meng die segmente van een geskilde lemoen met 1⁄4 k granaatpitte, 11⁄2 k gaar gort, 2 e olyfolie, 1 e suurlemoen- sap en gekapte vars ment.

Edamame

’n Koppie edamame bevat die aminosuur triptofaan en 121% van jou daaglikse folaat. Al twee help die brein om die gemoedbalanserende hormoon serotonien te vervaardig.

Probeer dit

Maak 2 k uitgedopte edamame saam met 2 e elk olyfolie en vars mentblare, 2 t lemmetjiesap, ’n knoffelhuisie en 2 tot 3 e water fyn tot glad. Doop gesnyde rou groente daarin.

Donkersjokolade

Sjokolade is werklik die antwoord op al die groot probleme in die lewe. Die hoof bestanddeel, kakao, bevat samestellings soos polifenole, wat blykbaar help om jou op te beur, asook teobromien en kafeïen wat traagheid voorkom. Donkersjokolade bevat boonop minder suiker as melksjokolade en maak dit dus die ideale trooskos sonder die gevolglike daling in bloedsuiker.

Probeer dit

Maak warm sjokolade met woema deur 28 g donkersjokolade en 1 k onversoete amandelmelk vir 2 minute in ’n koffiebeker te mikrogolf of totdat die sjokolade gesmelt is. Voeg ’n knippie kaneel na smaak by.

FOTO: iStock/m-imagephotography

LEES OOK:

Vier vinnige oplossings vir stres

Hoekom e-pos die grootste bydraer tot stres is

6 gesonde gewoontes wat jou stresvlakke verlaag en jou gelukkig maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

Wat om uit te sny (of meer te doen) vir ’n jonger jy

Close