×

Eet dít om kosallergieë te beveg

Laat ’n loopneus en krapperige keel jou desperaat voel? Probeer ’n bietjie eetbare medisyne, met vergunning van dr. Randy Horwitz, mediese direkteur aan die Arizona-sentrum vir integrerende medisyne in die VSA

Allergiee

Lemoene: Kwersetien gee lemoene hul kleur en keer dat jou liggaam so hewig op stuifmeel reageer. “Appels en uie bevat ook kwersetien,” sê Horwitz, “maar met lemoene kry jy ook ’n ekstra anti-allergiehupstoot van die vitamien C.”

 

Salm: Die omega 3 in salm het anti-inflammatoriese eienskappe wat jou loopneus en jeukerige oë sal help verlig. Horwitz beveel aan dat jy elke tweede dag olierige vis eet, en vegetariërs kan okkerneute of vlassaad oor ontbytgraan sprinkel.

 

Griekse jogurt: In ’n studie aan die Universiteit van Kalifornië in die VSA is bevind ’n koppie jogurt ’n dag kan seisoenale allergiesimptome verlig, danksy die lewende kulture daarin.

 

Borrie: Dié spesery, wat in geurige kerries gebruik word, is ook ’n kragtige hulpmiddel teen allergieë. “Gebruik dit mildelik,” sê Horwitz. “Dis die beste natuurlike anti-inflammatoriese middel wat ons het.” Kry vanaand Indiese wegneemkos – dis die dokter se voorskrif!!

 

 

Plus ’n allergiebevegtende drankie:

 

Groen of wit tee: Dié drankies bevat ’n verbinding genaamd katesjol, wat die vorming van histamiene (die chemikalieë wat allergiesimptome veroorsaak) keer.

 

– Kim Tranell

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry meer vitamien D op ’n natuurlike manier in

Hier is maniere om meer van die “sonskynvitamien” uit eet- en drinkgoed te kry

Close