×
Skakel na Engels

Een-minuut-gesondheidskuur

Gebruik drukpuntterapie, ook bekend as “die wêreld se natuurlikste noodhulptoerusting” om ’n aantal siektes in die kiem te smoor

Close-up Of Young Beautiful Woman Receiving Acupuncture Treatment

Drukpuntterapie is ’n alternatiewe terapie gebaseer op Chinese akupunktuur en iets wat nou wyd veld wen. “Druk ’n minuut lank met jou vingers op ’n spesifieke plek op jou liggaam om die pyn te verlig,” sê Janet Shaffer, ’n akupunktuurdeskundige. “Jy’s op die regte pad as die weefsel effens hard of seer voel.”

Vir naarheid

Druk in die middel van jou binne-voorarm, sowat drie vingerbreedtes vanaf die vou van jou gewrig. (Armbande vir bewegingsiekte pas ook hierso drukking toe.)

Vir ’n hoofpyn

Knyp die webagtige weefsel tussen jou duim en wysvinger.

Vir menstruele krampe en opgeblasenheid

Druk aan die binnekant van jou been net onder en effens agter die kniegewrig.

Vir ’n seer nek

Gebruik jou duime en druk in die holtes aan die agterkant van jou skedel.

 

Let wel: Vra eers jou dokter se toestemming as jy swanger is, want sekere drukpunte kan kontraksies aanhelp.

LEES OOK:

Premenstruele disforiese versteuring: Waarom jy voor jou maandstonde neerslagtig kan voel

Maandstonde-verlof kan dalk ’n werklikheid word

Vier natuurlike hoofpynkure

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief