×
Skakel na Engels

Dubbele dosis skoonheid

Clarins Double Serum Complete Age Control Concentrate is nou in ’n luukse 50 ml-grootte beskikbaar. Ons hou daarvan dat dié serum vir alle velsoorte geskik is, ongeag jou ouderdom*

Wat maak dié serum so spesiaal?

Volgens Clarins se navorsing kan die serum hidrasie met tot 75% verbeter. Dit regenereer die vel deur kollageenproduksie, wat nodig is om die vel glad en ferm te laat lyk. Die serum verbeter ook sel-oksigenering om die vel gloeiend te laat lyk.

 

Die wonderbestanddele?

– Cāng zhú-ekstrak, wat die doeltreffendheid van die ander 20 plantekstrakte verbeter

– Organiese-heemswortelekstrak, Katafray-basekstrak en klitskruidekstrak wat vog in die dermis en epidermis help terughou

– Kiwivrugekstrak en makadamia-ekstrak wat selvoeding verbeter

– Organiese roosbottelekstrak en arnika-ekstrak wat sel-oksigenering verbeter

– Groentee- en pistasie-ekstrak wat vry radikale help neutraliseer

 

 

Beproef, getoets en betroubaar

“Ek het ’n baie olierige vel en was dus lugtig om ’n serum te probeer. Ná vier weke se gebruik het ek agtergekom my vel voel fermer en lyk gloeiend – en die serum het dit nie olieriger gemaak nie. Ek sal dié produk aanhou gebruik, en die dubbele bonus is dat dit in ’n nuwe grootte beskikbaar is.”

 

*R890 vir 50 ml

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry ’n vlekkelose vel

Is jou tiener geneig om puisies te kry? Dermalogica het die oplossing vir ’n vlekkelose vel

Close