×

DUBBEL-SJOKOLADEMOUSSE-BROWNIES

Beleef ’n heerlik dekadente ervaring met hierdie sjokoladebrownieresep.
brownies

Bestanddele

  • jou gunsteling-brownieresep, of probeer HIERDIE RESEP  
  • 100 g MOIR’S-glanskersies
  • 100 g geroosterde haselneute, die skilletjies verwyder
  • 1 x 150 g-boksie MOIR’S-sjokoladegeur-mousse
  • MOIR’S-glanskersies of vars bessies, vir versiering

 

Metode

  1. Maak die brownies volgens jou gunsteling-brownieresep en voeg vir ekstra krakerigheid die kersies en haselneute by die beslag voordat jy dit bak. Laat afkoel. Moenie dit nou al in blokkies sny nie.
  2. Berei die MOIR’S-sjokoladegeur-mousse volgens die aanwysings op die verpakking en giet dit dan oor die afgekoelde browniebasis.
  3. Plaas dit in die yskas om te set. Sny in blokkies en versier met die MOIR’S-glanskersies of vars bessies.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
GAYNOR SILJEUR SE MOIR’S-BEKERKOEKE IN SJOKOLADEGEUR

Drie redes om verlief te raak op MOIR’S se sjokoladegeur-bekerkoeke – dis soos ’n eetbare drukkie!

Close