×
Skakel na Engels

Drie selfdoen-Kersbome

Daar is talle nagemaakte opsies, maar dit is gewoonlik duur. Kry jou gesin bymekaar en probeer een van hierdie selfdoen-opsies

1. Hierdie boom lyk dalk ingewikkeld om te maak, maar dis eintlik heel eenvoudig.

 

Begin deur die voetstuk te maak. Gebruik ’n gomgeweertjie en plak een langer stok en twee kortes aan mekaar vas sodat dit ’n kruis vorm. (Die kortes moet presies die helfte van die lange in lengte wees.) Jy kan die houtstokke (‘dowels’) by jou naaste hardewarewinkel koop.

Begin nou die stokke bo-op mekaar vas plak; begin met die langste een onder. Wanneer jy klaar is en die gom goed droog is, kan jy die boom in enige kleur verf of spuitverf.

 

 2. Teken dit

Om hierdie 2D-boom te maak, verf eers swartbordverf op ’n muur in jou huis. (Ná Kersfees kan jy altyd jou inkopielys of mooi aanhalings hierop skryf.) En nou begin die pret! As jy kinders het, sal hulle dit vreeslik geniet om jou te help om hierdie boom te ‘maak’. Jy hoef nie net wit bordkryt te gebruik nie; jy kan die gekleurdes ook gebruik.

 

3. Draai dit toe

Hierdie bome is makliker om te maak as wat dit dalk lyk. Al wat jy nodig het, is polistereenskuim-keëls (by die meeste kunswinkels beskikbaar), enige material (geknip in stroke wat 5 cm breed is), en reguit spelde. Kliek hier vir stap-vir-stap aanwysings met foto’s vir hoe om dié bome te maak. Dis regtig eenvoudig!

 

Lees ook:

Gee ’n ou klerekas nuwe lewe

Maak oulike papierrose

Maak ’n drasak vir jou eetgerei

 

Foto’s: 1. Sweet Paul 2. Desire to Inspire 3. Landee See, Landee Do

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vyf karaktervolle kombuishorlosies

Met een van dié mooi horlosies in jou huis sal jy nooit weer laat wees nie …

Close