×
Skakel na Engels

Drie huisverbeteringe in 15 minute

Dié moeitelose verbeteringe maak ’n groot verskil

 

 

1. Daar gaan ’n lig op

 

Mense vergeet dikwels om die ligte op plekke waar hulle gereeld kom, soos buite die voordeur of in die garage, af te skakel en dit kan jou kragrekening kwaai laat styg. Kyk vir ’n outomatiese skakelaar wat op beweging reageer en wat jy volgens jou tydsraamwerk kan programmeer. Die gevolg? Jy spaar geld en dis minder van ’n gesukkel wanneer jou hande vol is.

 

 

2. Beskerm jou fyngoed

 

Daar’s ’n moontlikheid dat jou onderklere en swemklere kan verniel as jy dit in die tuimeldroër gooi. Installeer ’n kompakte inskuifbare rak (probeer die Retractaline Mini van Makro) in die waskamer (verkieslik oor ’n wasbak) vir wasgoed wat uit die wasmasjien kom.

 

 

3. Die beste sitplek

 

As dit gebreek, geskraap of gewoon lelik is, is dit dalk tyd vir ’n nuwe toiletsitplek. Vir minder as R100, en net 10 minute van jou tyd om die ou sitplek te verwyder en deur ’n nuwe een te vervang, kan jy weer jou troon
 op ’n troontjie plaas.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Glass Master

Veeldoeligste kopie

Close