×
Skakel na Engels

Drie goedkoop maniere om nuwe lewe in ou meubels te blaas

Jy hoef nie ’n fortuin te spandeer om ou, afgeleefde meubels op te knap nie

Drie maklike en bekostigbare maniere om ou meubelstukke op te knap:

 

1. Verf dit

Dis een van die maklikste en mees bekostigbare maniere om ’n ou meubelstuk te hernu. Jy kan selfs ’n paar stukke wat nie by mekaar pas nie – soos eetkamerstoele – dieselfde kleur of skakering verf om dit dieselfde te laat lyk. Speel ook ’n bietjie met verskillende verftegnieke, soos die afgewitte of tweedehandse voorkoms. (Om laasgenoemde effek te verkry, skuur die meubelstuk weer liggies af nadat jy dit geverf het.)

VOOR pluralid.blogspot.com

NÁ pluralid.blogspot.com

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

2. Steek dit weg

’n Los oortreksel is ’n goedkoop manier om ’n rusbank of ’n leunstoel weer nuut te laat lyk. As naaldwerk nie jou beste bate is nie, kry iemand wat vir jou ’n oortreksel kan pasklaar maak teen ’n goeie prys. (Jy kan baie spaar deur self die materiaal te koop.) Oorweeg dit om ’n los oortreksel vir een rusbank te kry en die res van jou sitkamerstel ’n nuwe voorkoms te gee deur dekens en los kussings by te voeg.

Kliek hier om vyf snoesige oorgooidekens en 10 oulike strooikussings te sien.

 

3. Mosaïek dit

Blaas nuwe lewe in ’n ou sytafeltjie deur die blad met ’n mosaïekkunswerk te bedek. Gebruik oorskietteëls (ons het almal ’n paar daarvan wat iewers by die huis rondlê), of koop mosaïekteëltjies en spieëltjies vir jou selfdoenprojek. Speel rond met die stukkies en neem ’n foto as jy tevrede is met die hele ontwerp. Verwyder die stukkies en maak die tafelblad skoon en skuur dit af, indien nodig, voordat jy die teëlstukkies op die blad vasgom. (Verwys na die foto as jy vergeet het wat nou weer waar moet kom.) Rond jou handewerk af deur voegbry by te voeg en alles te vernis.

R14 elk, Hadeda

R121/vel, Pudlo


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

4. Doen dit net

Kan jy jou nie nou verbind tot ’n groot hernuwing nie? Kos dit te veel? Begin klein. Nuwe knopies of pote op ’n leunstoel sal ’n groter effek hê as wat jy dink. So ook nuwe deurknoppies op ’n laaikas of nuwe handvatsels op jou kasdeure.

R76, Cape Handlebar

R45, Les Collectables

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Drie maniere om ’n manikuur langer te laat hou

Min dinge is so irriterend soos om jou geld en tyd aan ’n manikuur te bestee, net om ’n paar...

Close