×
Skakel na Engels

Dra jy die regte nommer skoene?

Die meeste vroue se voete word groter soos hulle ouer word, maar niemand wil dit erken nie. Laat meet jou voete wanneer jy weer gaan skoene koop. Terwyl jy skoene aanpas, moet jy ook op die volgende let:

 

 

1. Genoeg spasie: Daar moet 0,9 cm tot 2,5 cm tussen die punt van jou langste toon en die voorpunt van jou skoen wees.

 

2. Vierkantige of geronde skoenpunte (of oop tone): As jy las het van eelte moet jy seker maak daar is genoeg plek vir jou tone.

 

3. Die skoen moet breed genoeg wees, gemeet aan die breedste deel van jou voet.

 

4. Wikkelspasie: Wanneer jy staan, moet jy al jou tone binne-in die skoen kan strek.

 

5. Vinnige verligting: moenie staatmaak op skoene wat
kan rek nie.
Dit sal moontlik, maar intussen moet jy
met die ongerief saamleef totdat dit wel pas.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige, maklike stappe om jou leerskoene te beskerm

Laat jou leerskoene en -stewels langer hou met dié slim wenke

Close