×
Skakel na Engels

Dra gesondheid oor, nie kieme nie

Deel ’n foto van jou kind se skoon hande op sosiale media en ondersteun Dettol se Give Life a Hand-veldtog om kindersterftes te help voorkom

Met Wêreldhandewasdag (15 Oktober 2015) om die draai, moedig Dettol mense oor die wêreld heen aan om ’n foto van hul kind se skoon hande te neem en dit op Facebook, Twitter, Toeter of Instagram te plaas ter ondersteuning van hul wêreldwye Give Life a Hand-veldtog.

Die doel van dié veldtog is om onnodige sterftes onder kinders weens siektes soos diarree te voorkom. Het jy geweet dat diarree in ontwikkelende lande die tweede grootste oorsaak van sterftes onder kinders jonger as vyf jaar is? Dis skokkend en hartseer, maar waar.

Gelukkig kan diarree voorkom word deur kinders eenvoudig te leer hoe om hul hande behoorlik en met goeie seep te was. Dit verbreek die kettingreaksie van infeksie en die oordrag van kieme.

En dis waarom Dettol, deur middel van hul Give Life a Hand-veldtog, op ’n wêreldwye missie is om bewusmaking te bevorder oor hoe belangrik dit is om jou hande met seep te was as ’n manier om voorkombare siektes soos diarree te help keer.

Dettol weet dat om een kind van handhigiëne te leer meer waarde as ’n enkele inenting het. Vir elke handfoto met die hutsmerk #HealthyHands wat op sosiale media verskyn, beloof Dettol dus om vir een kind gesonde handewasgewoontes aan te leer.

Só kan jy help:

Laai jou handfoto op sosiale media met die hutsmerk #HealthyHands.

Deel hierdie video op sosiale media om bewusmaking te help bevorder.

Vir meer inligting besoek www.dettol.co.za/global-handwashing en volg Dettol op Facebook.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stuck2u

Verpersoonlikte naamplakkers wat maklik aanwend, aanstryknaametikette en meer. Gebruik die kode GH10 wanneer jy aanlyn bestel om 10% afslag te...

Close