×
Skakel na Engels

Dr. Oz se 5 top-verslankingswenke

Kry die dokter se goeie raad oor hoe om gewig te verloor en gesond te bly
dr oz

1. DIE DOKTER SÊ SO

Kooi toe met jou! Ja, dis dalk ’n snaakse plek om te begin, maar “die eerste ding om te doen is om te slaap,” sê dr. Oz. As jy weens ’n mediese probleem – soos slaapapnee of rustelose-bene-sindroom – of swak slaaphigiëne nie kan slaap nie, doen iets daaromtrent. “Moenie dit net as lastig beskou nie. Jy sal nie gewig verloor as jy nie kan slaap nie.” Onlangse navorsing toon dat ’n goeie nagrus jou kosdrange kan verminder. Dr. Oz sê: “Jy kan nie eet wanneer jy slaap nie!”

LEES: Dr. Oz se 7-dag-dieet

2. MAAK DIT SELF

Ons hou almal van uiteet, maar as jy by ’n eetplan probeer hou, kan dit moeilik wees om van ’n spyskaart af te bestel. “Die sjefs wil die kos regtig lekker laat smaak – soos dit hoort,” sê dr. Oz, “maar om die gewenste resultaat te kry is daar soms bestanddele soos botter en room in wat jy nie normaalweg sou eet nie.”

LEES: Dr. Oz se warm Franse lensieslaai

3. WEES VOORBEREID MET PEUSELHAPPIES

Jou doel is om “nooit honger te wees nie”, sê dr. Oz. Die enigste uitweg vir die meeste mense is om tussen maaltye te eet. “Daarom is ek nooit sonder ’n sak neute nie. Dis soos ’n outomatiese voerbak,” sê hy.

LEES: Peusel slim

4. BLY AANSPREEKLIK

Dr. Oz stel ’n tweeledige benadering voor. Deel een: Hou ’n kosjoernaal. “Dit hou jou aanspreeklik vir die belangrikste mens – jouself,” sê hy. En dit is die ideale plek waar jy kan spog hoe goed jy was. (Spaar jou Facebook-vriende dit, asseblief!) Deel twee: Betrek ’n vriend(in). “Jy moet ’n dieetmaat hê wat jou sal dophou,” stel dr. Oz voor. Hy of sy behoort ook ’n gesonde eetplan te volg. Dit hoef nie op gewigsverlies te fokus nie, maar hy of sy kan nie ’n aanhitser wees nie. Jy het iemand nodig wat jou doelwit deel.

LEES: 8 maniere om in die winter fiks te bly

5. MOENIE TE VEEL DINK NIE

As jy selfs net vir ’n paar sekondes moet dink oor wat jy wil eet, kan jy oortree. Moet dus nie dink nie. Eet dieselfde gesonde keuse (of twee) oor en oor vir ontbyt en middagete. Dis wel oukei om dinge vir aandete op te kikker. As jy alles die hele tyd te ernstig opneem, raak dit vervelig. Mik vir drie of vier afwisselende aandete-idees wat anders smaak as wat jy vroeër in die dag geëet het. “Só sal jy nie moeg raak vir jou staatmakers nie,” sê hy.

LEES: Gratis weeklikse maaltydbeplanners

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
11 goed wat jou borste vir jou probeer sê

Van swangerskap tot ernstiger kwessies ...

Close