×
Skakel na Engels

Doen jou deel op Wêreldvigsdag

Haarkappers Teen Vigs neem dit op hulself om mense meer bewus te maak van MIV/Vigs. Só kan jy hulle help:

Wat is Haarkappers Teen Vigs?

Dié agentskap – wat deur UNESCO en die L’Oréal Corporate Foundation ondersteun word – help professionele haarkappers reg oor die wêreld om hul verhoudings met hul klante te gebruik om ’n bron van interaksie en opvoeding te word en só die verspreding van MIV/Vigs te help beperk.

 

Dié globale veldtog fokus op die voorkoming en bewusmaking van MIV/Vigs en sedert dit 11 jaar gelede ontstaan het, is daar reeds 1,5 miljoen haarkappers wêreldwyd betrokke. Saam kan almal – ja, selfs jy – ’n kragtige span word wat hulle beywer vir ’n wêreld sonder Vigs.

 

Waarom is opvoeding en bewusmaking so belangrik?

Die statistieke is skokkend – 40% van die wêreldbevolking weet nie wat hul status is nie. Suid-Afrika het een van die hoogste MIV-infeksiekoerse in die wêreld. Volgens statistiek is die infeksiekoers vir volwassenes tans 17% van die bevolking, met sowat 400 000 nuwe infeksies elke jaar.

 

Byna een in elke drie vroue tussen die ouderdom 25 – 29 en meer as ’n kwart van mans tussen die ouderdom 30 – 34 is MIV-positief. Jy kan dus sien waarom dit so belangrik is om meer mense bewus te maak van MIV/Vigs.

Vir meer inligting en om betrokke te raak, besoek gerus www.hairdressersagainstaids.com of sluit by hulle op Facebook aan.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stop die geweld, een treetjie op ’n slag

Skryf nóú in vir Sisters with Blisters 2012!

Close