×
Skakel na Engels

Doen jou deel op ’n vriendelike drafstap

Vital Health Foods, in samewerking met die Run/Walk For Life Westelike Provinsie-atletiekklub, gaan die derde jaarlikse Vital Run ten bate van die PATCH Helderberg Centre for Abused Children op Saterdag 1 Desember 2012 aanbied

Besonderhede:

Die geleentheid vind vanjaar weer by die Lourensford-wynlandgoed plaas. Hierdie jaar gaan die organiseerders ʹn afkoelsone aanlê vir deelnemers wat dalk ná die wedloop ʹn masseersessie nodig het.

 

In 2011 is R60 000 aan PATCH geskenk. Om vanjaar selfs meer geld vir PATCH in te samel, sal die organiseerders Vital Red Socks teen R50 per paar te koop aanbied. Vital dek die vervaardigingskoste van die sokkies en alle ander opbrengste sal direk aan PATCH gaan.

 

“Ons wil hê dat ons kliënte die beste moontlike lewe moet lei en goeie gesondheid geniet. Wat ʹn perfekte plek om juis dit te doen – en dít boonop vir ʹn goeie saak,” sê George Grieve, die besturende direkteur van Vital Health Foods.

 

Spesiale gaste wat die geleentheid gaan bywoon:

Edgar Clarke (Springbok-atleet), Andrea du Plessis (Vital Health Foods voedingkundige en gereelde bydraer tot SAUK3 se programme Expresso en The Dr Mol Show), Liezel van der Westhuizen (Expresso– en Kfm-radio-aanbieder) en die span aanbieders van Radio Helderberg. Ander gaste wat na verwagting hul verskyning daar sal maak, sluit Natalie du Toit (Olympiese swemmer en Vital-handelsmerkambassadeur) en dr Michael Mol (The Dr Mol Show– en Expresso-aanbieder) in.

 

“Run/Walk For Life het ook vanjaar ‘Eat for Life’ tot ons aanbieding toegevoeg in samewerking met Vital Health Foods. Ons dieetkundige sal op die betrokke dag GRATIS BMI-toetse by die afkoelsone aanbied vir atlete en hul gesinne,” sê Matthew Grossett, die uitvoerende hoof van Run/Walk For Life.

 

Deelnemers kan inskryf vir die 21km-wedloop, die 10km-wedloop, die 10km-stap óf die 4km-pretdraf/stap.

Vir meer inligting of om vooraf in te skryf (voor 20 November 2012), besoek gerus by www.vitalrun.co.za. Jy kan ookdie wedlooporganiseerder, Marie Barnard, op 021 852 8473 of 083 713 2858 / 083 448 3090 kontak.

Medaljes sal oorhandig word aan almal wat binne die afsnytyd klaarmaak, en deelnemers kan ook uitsien na geluksprystrekkings by die prysuitdeling. Na afloop van die wedloop kan deelnemers die immer gewilde, feestelike gesinsmarkie geniet.

 

Uitgereik deur Vital Health Foods Public Relations namens Vital Health Foods 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Think Red-middagete ’n reuse-sukses!

Goeie Huishouding, in samewerking met Flora, samel R20 000 vir die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika in

Close