×
Skakel na Engels

Doen-dit-self drupmatjies

Maak hierdie oulike drupmatjies vir jouself of as ’n geskenk vir ’n vriendin

Kurk-drupmatjies

van fellowfellow.com

Gebruik ’n verfpen (of viltpen)  en teken enige patrone op jou drupmatjie. Laat dit heeltemal droog word voordat jy dit gebruik. Maklik, of hoe?

 

 

Teël-drupmatjies

van designthatinspires.com

Plak patrone op klein badkamerteëltjies met kleefband. Kies ’n akrielverfkleur en verf bo-oor die kleefband. Die truuk is om een laag te verf en die kleefband af te trek terwyl die verf nog nat is. As die eerste laag droog is, verf versigtig ’n tweede en dan ’n derde laag, indien nodig. Nadat die verf heeltemal droog geword het, laat dit minstens oornag staan, en rond af met 2 lae Poliuretaan. Laat dit weer oornag droog word en plak vilt onderaan vas om te keer dat dit jou tafelblad krap.

 

Swartbord-drupmatjies

van westermanfam.blogspot.com 

Spuit of verf klein keramiekteëltjies met swartbordverf. Wend sowat drie aan en maak seker die teëltjies word goed droog tussen elke aanwending. Sny vierkante uit vilt wat net so groot soos jou teëltjies is en gom dit onderaan die teëltjies vas. Gebruik bordkryt om sommer enigiets op jou nuwe drupmatjies te teken of te skryf, en geniet dit!

 

Nóg doen-dit-self projekte:

Maak ’n koekstaander

Maak ’n aansteekbord

Doen-dit-self met spuitverf

Maak jou eie tafeldekor

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen-dit-self in ’n dag

Drie selfdoen-projekte wat jy maklik in ’n naweek kan klaarmaak

Close