×
Skakel na Engels

Dít was die hoogtepunt van Oprah se onderhoud met Trevor Noah

Wanneer twee van ons gunstelingmense vir ’n hartsgesprek bymekaarkom, sal daar beslis meer as een hoogtepunt wees!
Trevor Noah

SA (en nou ook Amerika) se gunstelingkomediant, Trevor Noah, het nog ’n mylpaal in sy loopbaan behaal deur gekies te word vir  ’n SuperSoul Conversations-onderhoud met die legendariese Oprah Winfrey. Die twee bekendes het veral gesels oor die groot rol wat Trevor se ma, Patrice, in sy lewe gespeel het en oor hoe sy bekroonde boek, Born a Crime, aanvanklik glad nie oor sy ma sou handel nie. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Kyk hierdie kort video vir ’n kykie na Oprah Winfrey se gesprek met The Daily Show se Trevor Noah.

In die onderhoud verduidelik Noah hoe sy ma ’n heldefiguur in sy lewe was, veral omdat hy tydens die apartheidsera in Suid-Afrika grootgeword het. “Sy is die voorbeeld waarvolgens ek my lewe geleef het sonder om die gevolge te besef. Dis vir my een van die ‘gangster-ste’ mense waarvolgens jy jouself kan vorm,” sê hy.

“Dis interessant hoe jy gaan sit en dink en dan besef watter mense in jou lewe jou gehelp vorm het en ’n groot rol gespeel het in wie jy vandag is. En ek moet bieg dat my ma vir my daardie mens was, wat opgestaan het toe min ander mense wou opstaan, toe ’n land vir opstaan gestraf is, en sy steeds gesê het: ‘Nee. As ’n vrou, en as ’n swart persoon, sal ek leef op die manier wat ek glo ek mág leef, ongeag of julle vir my sê ek kan of ek kan nie.’ En sy het dit gedoen, en as gevolg daarvan het sy die voorbeeld geword waarvolgens ek my lewe geleef het sonder om die gevolge te besef,” het hy vertel.

Noah se boek, Born a Crime, gaan in ’n rolprent omskep word en die bekende aktrise Lupita Nyong’o het die rol van Noah se ma, Patrice, aanvaar. 

Moenie vergeet om die Maart-uitgawe van Goeie Huishouding te koop waarin jy meer oor Oprah Winfrey kan lees en oor hoekom 2018 háár jaar is! Dis nou op die rakke.

FOTO: Met vergunning van YouTube

LEES OOK:

SA se 10 trotsste oomblikke in 2017

3 plaaslike selebs laat Suid-Afrikaanse harte swel van trots

10 gewildste SA selebs op Instagram

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA se 10 trotsste oomblikke in 2017

Wat ’n warrelwind van ’n jaar! Hierdie hoogtepunte het ons hart van trots laat swel!

Close