×
Skakel na Engels

DIT is hoekom plaatkoekies holtes het!

En nee, dis nie om “botterdammetjies” te vorm nie!
plaatkoekies

As daar een ding is wat vir seker enigeen se mond sal laat water, is dit ’n warm gebotterde plaatkoekie. Ons gaan jou dus moeilik glo as jy sê dat jy nog nooit, terwyl jy daardie sagte, stomende plaatkoekie met botter besmeer, gewonder het hoekom daar sulke gate in is nie.

(Ons verwys nou veral na daardie dikker plaatkoekies wat jy in die winkel kan koop – party lyk amper soos ’n Engelse muffin.) En nee, dis nie om “botterdammetjies” te vorm nie! Channel 4 in Brittanje het eindelik agter die kap van die byl gekom in hul program Food Unwrapped, waarin hulle op ’n toer deur die bakfirma Warburton se fabriek gegaan het.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dit blyk dat plaatkoekies hul holtes kry van borrels wat tydens die gistingproses vorm wanneer die beslag berei word. Nadat die beslag gerys het, word die koekies op individuele warm plate gebak wat maak dat dié holtes groter raak. ’n Woordvoerder vir Warburton het gesê: “Die hitte van die plate laat die holtes rek en die stoom wat vorm, druk die borrels deur die beslag op. Dis amper soos ’n skoorsteeneffek. Die stoom wat die borrels opstoot vorm daardie gate in jou plaatkeokie.”

En daar het jy dit nou – plaatkoekies sal net nie hul warm, sagte, watertand-lekker self wees sonder daardie gate nie. Plus, dit help natuurlik om al die ekstra botter op te vang! 

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/scholes1

LEES OOK:

Aarbei-kaaskoek-plaatkoekies

Kaasplaatkoekies met spek en eiers

Oulike diere-plaatkoekies vir kinders

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief