×
Skakel na Engels

Dít is hoekom jy so baie van pizza hou

En dis nie net die kaas nie … Deur Sophie Hines
pizza

Pizza, pasta, aartappels – vir baie van ons is koolhidrate die lekkerste lekker, en nou het wetenskaplikes ’n “sesde smaak” ontdek wat verklaar hoekom ons so dol daaroor is.

LEES OOK: Gewigsverlies vir koolhidraatliefhebbers

Daar is altyd gedink dat ons tong net vyf smake kan registreer: sout, soet, suur, bitter en die gekruide umami.

’n Span navorsers het egter hierdie teorie ondersoek nadat hulle opgemerk het dat die koolhidraatgefokuste segment van ons dieet nie hierby ingesluit is nie, en ontdek dat ons ook ’n “styselagtige” smaakknoppie het.

LEES OOK: 5 tuisgemaakte pizzas wat jy eenvoudig móét probeer

Die studie is uitgevoer deur vrywilligers te vra om ’n verskeidenheid gemengde koolhidraatoplossings te proe wat hulle toe aan die toetsers moes beskryf. ’n Beduidende getal van die mense wat deelgeneem het, kon ’n “styselagtige” geur identifiseer, wat deur Asiatiese deelnemers as rysagtig beskryf is en deur Kaukasiese deelnemers as brood- of pasta-agtig.

LEES OOK: 10 goed wat jy moet weet voordat jy weer pasta kook

Gevolglik het wetenskaplikes tot die slotsom gekom dat stysel, behalwe dat dit noodsaaklik vir ons oorlewing is, iets is wat ons kan proe, en dit verklaar hoekom jy soms net ’n groot bak pasta wil hê. Njam.

Van: Goodhousekeeping.co.uk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
VIDEO: Kyk na hierdie vrou se 90 kg-gewigsverliestransformasie

Om te sê sy is ’n inspirasie is om dit lig te stel. Deur Anna Lewis

Close