×
Skakel na Engels

Dít is hoe die GH-leser Nicola Cafun 54 kg verloor het!

Verslankingsinspirasie!
Nicola Cafun

Ontmoet Nicola Cafun, ’n 30-jarige IT-hulpdiensagent wat besluit het om haar gemorskosverlsawing te staak en by ’n fiksheidsgemeenskap aan te sluit:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Gemorskos-verslaafde

Ek was altyd oorgewig, selfs as ’n kleuter. Daar is vir my gesê dat dit in my gene is, maar ek was eintlik net ’n bedorwe kind. KFC was my gunstelingkos – toe ek begin werk het, het ek dit elke dag geëet. In my tienerjare het ek boonop alkohol by my slegte gewoontes gevoeg.

Die wil om te leef

Dood het ’n groot rol in my transformasie gespeel. Die dood is finaal. Daar is geen tweede kans nie. Ek het een dag ná nog ’n verlies in die spieël gekyk en besluit om vas te stel wie ek is bo en behalwe vir die naweekplesiertjies en onder al die lae vet. Nou weet ek.

Sluit by ’n groep aan

Ek is nie seker hoe ek van die Sleekgeek-gemeenskap te hore gekom het nie, maar ek het met hul 30-dag-Reboot begin. Ek het ’n paar keer begin en opgehou en kon nooit die 30 dae voltooi nie, maar ek het steeds 30 kg verloor. Toe raak ek swanger en ná my dogter se geboorte het ek besluit om Sleekgeek se Reboot voluit te volg. Daar was ’n effense probleem toe ek met diepaartrombose in die hospitaal beland het, maar ’n paar weke later het ek my eerste parkwedloop voltooi. Ek het 87 kg geweeg.

Onverwagse belonings

Ek is deesdae dol oor oefening en het onlangs gewigoptel ontdek. Sleekgeek het my lewe handomkeer verander, van naweke partytjie hou en alkohol drink tot gaan draf en ontmoetings met verskeie fiksheidsgroepe. Op oefendae volg ek ’n hoërkoolhidraatdieet, en op dae wat ek nie oefen nie, volg ek ’n hoërvetdieet. En ek het nog 24 kg afgeskud. Ek sê nie dis maklik of dat ek nie slegte dae het nie, want ek het, maar ek voel ongelooflik. Om agter my dogter te kan aanhardloop verskaf my baie vreugde. Toe ek besluit het om gewig te begin afskud, het ek nie geweet dat ek gesondheid, vriendskappe en ’n liefde vir fiksheid daaruit sou kry nie.

’n Tipiese dag se kos

Ontbyt: Spek, eiers en avokado of hawermout en vetvrye/volroomjogurt of weiproteïenplaatkoekies met spek en heuning

Peuselhappie: Appel, liggies gesoute springmielies of biltong

Middagete: Maer maalvleis/ hoender/varkvleis met bruin- of witrys

Peuselhappie: Appel, liggies gesoute springmielies of biltong

Aandete: Maer maalvleis/hoender/ varkvleis met groente of ’n groenslaai

Drankies: Koffie/tee (sonder suiker), en af en toe Stoney Ginger Beer Zero of Red Bull Sugarfree

Nicola se wenke

Byt vas

Wees konsekwent en geduldig, en vertrou in die proses van gewigsverlies.

Doen dit net

Transformasie begin met ’n enkele gedagte wat deur aksie opgevolg word – herhaaldelik.

Verwelkom verandering

Teëspoed bied ’n geleentheid vir verandering. Jy kan toelaat dat dit jou bitter maak, of jy kan toelaat dat dit jou uitsonderlik maak.

Suksesverhaal

Toe: 117 kg

Nou: 63 kg

Verloor: 54 kg

Tyd wat dit geneem het: 3 jaar

LEES OOK:

Spysverteringskwessies wat jou gewig beïnvloed

Laevet- vs. laekoolhidraatdiëte: Wat werk beter vir gewigsverlies?

6 moontlike redes hoekom jy nie gewig verloor nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief