×
Skakel na Engels

Dít is hoe die GH-leser Carol Gajana 38,8 kg verloor het!

Vat dit een dag op ’n slag …
Carol Gajana

Ontmoet Carol Gajana, ’n 38-jarige geleentheidsbestuurder wat haar gesondheid in eie hande geneem het toe sy 38,8 kg verloor het deur aanlyn hulp te soek en haar liggaam beter te leer ken:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

’n Oormaat koolhidrate

Ek het grootgeword met tradisionele Xhosa-kos wat baie stysel bevat. Ek het alles geëet – pap, umngqusho, varsgebakte brode, sjokolade, pasta en rys – en ek wou altyd versadig voel nadat ek geëet het. Ek was altyd groter as my portuurs, maar dit was eers tydens ’n gesondheidsassessering by die werk – toe ek myself ná die geboorte van my dogter twee jaar laas geweeg het – dat my gewig ingesink het. Ek het 120 kg geweeg.

Aanlyn hulp

Ek het besluit om by die aanlyn gemeenskap Sleekgeek aan te sluit wat “skoon” eet en “vuil” oefen. Ek het die groep dopgehou – die konsep van “skoon” eet was nuut vir my as ’n Xhosa-vrou – en ek was geïnspireerd omdat mense gewig verloor het sonder om produkte te koop. Daar is ’n Sleekgeek-koslys wat leiding bied oor wat om te eet. Hulle beveel aan dat jy koolhidrate, stysel, suiker, suiwel en kookolie uitsny en meer voedingryke en minimaal verwerkte kosse eet – hoofsaaklik proteïen, vrugte en groente. Jy kan selfs hoender mét die vel eet! Die Facebook-blad bied ondersteuning en motivering vir diegene wat na ’n gesonde leefstyl streef.

Ken jou liggaam

Dit het my twee jaar geneem om my huidige gewig – wat tussen 80 en 86 kg wissel – te bereik. Sodra ek die program los, sit ek gewig aan. ’n Skoon dieet is ’n lewenslange besluit. Ek het nog nie my teikengewig bereik nie, maar ek kan by enige klerewinkel ingaan en nie sukkel om iets stylvols in my nommer te kry nie. Ek het talle slegte kosverslawings oorkom en ken nou my liggaam.

Nuwe lewenslus

Ek kan nou met my kinders speel – spring en hardloop – en my huwelik is beter wat intimiteit betref. Ek het selfs my eie Xhosa-sprekende Facebook-groep, Sleekgeek Team Asijiki, gestig wat tans meer as 160 000 lede het. Ek kry komplimente waar ek ook al gaan en dit voel asof ek die wêreld kan aanvat.

’n Tipiese dag se kos

Ontbyt: Smoothie (met krulkool, appel, halwe piesang, seldery, pietersielie, water en/ of klapperroom) voordat ek die huis verlaat. Gekookte eiers en avokado wanneer ek by die werk kom

Middagete: Proteïen en slaai of proteïen en groente

Aandete: Proteïen en groen groente

Drankies: Heeldag water, waaronder 750 ml tydens my rit werk toe

Carol se wenke

Vra “hoekom”?

Stel vas hoekom jy wil gewig verloor. Wat is die onderliggende redes? Skryf dit neer en hou dit byderhand. Herinner jouself wanneer jy voor versoekings wil swig.

Die regte plan vir jóú

Kry ’n gesonde leefstylprogram wat vir jou werk. Dieetplanne is maklik vir ’n rukkie, maar dit kan moeilik wees om daarmee vol te hou as jy presies voorgeskryf word wat om te eet.

Vat dit een ete op ’n slag

Jou liggaam sal metteryd vir “slegte” kos nee sê.

Suksesverhaal

Toe: 120,8 kg

Nou: 82 kg

Verloor: 38,8 kg

Tyd wat dit geneem het: 2 jaar

LEES OOK:

5 redes hoekom jy nie daardie laaste bietjie maagvet verloor nie

Pasta eet kan jou slanker maak, sê wetenskaplikes

Hoekom kollageen goed vir jou gewrigte is

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief