×
Skakel na Engels

Dís wat SA doen om toetse op diere in die skoonheidsbedryf te beëindig

Ons beweeg eindelik in ’n meer etiese rigting
skoonheidsbedryf

Ons is dol oor ons vierpotige en geveerde vriende. Of dit nou ons troeteldiere is of eenvoudig ons liefde vir die ander wesens wat deel van die ekosisteem uitmaak, dis ons taak as mense om seker te maak dat diere beskerm word. In die skoonheidsbedryf vier eksperimente op diere egter steeds hoogty, en dis iets waarvoor baie mense hulle oë sluit. Ons behoort egter nie oor hierdie onmenslike praktyk stil te bly nie . . .  

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

beauty without cruelty

A post shared by Beauty Without Cruelty (@beautywithoutcruelty) on

Lees ook: Die organiese skoonheidshandelsname wat jou sal oorreed om “groen” te gaan

Gelukkig het die wêreld die afgelope paar jaar ’n “groener” rigting ingeslaan en begin ons insien dat diere voelende, redelike wesens is wat vir ’n lang tyd aan ondenkbare wreedheid onderwerp was. En dit is hoogtyd! Baie lande, soos die 28 waaruit die Europese Unie bestaan, sowel as Israel en Indië, het eksperimente op diere reeds onwettig verklaar. En verlede jaar is daar aangekondig dat Suid-Afrika soortgelyke stappe gaan doen.

Die Wysigingswet op Dierebeskerming verklaar dat “enigiemand wat kosmetiese produkte op diere toets, of versuim om genoegsame spasie te verskaf wat vir die fisiologiese en etologiese behoeftes van die diere voorsiening maak, ’n boete van R40 000 of tronkstraf vir ’n tydperk van hoogstens 10 jaar opgelê sal word.” Die wet is ook daarop gemik om die verkoop en vervaardiging van enige skoonheidsprodukte wat op diere getoets is in Suid-Afrika te verban.

Dit lui verder dat “alhoewel daar nog nie voldoende alternatiewe bestaan om ’n totale verbod op toetse op diere te plaas nie, maatreëls ingestel moet word om te verseker dat sulke toetse slegs gedoen mag word indien daar geen ander alternatiewe bestaan nie. Verder word diere wat in laboratoriums aangehou word, soms in klein hokkies aangehou wat nie voldoende voorsiening vir die diere se fisiologiese en etologiese behoeftes maak nie, wat beteken dat hulle deurgaans ly. Waar daar geen alternatief vir toetse op diere bestaan nie, behoort diere ten minste in geskikte hokke aangehou te word.” Dit is beslis vooruitgang wat diereregte betref!

Soos met alle groot veranderinge wat verskeie industrieë affekteer, gaan dit ’n rukkie neem voordat dié verandering ten volle geïmplementeer is. Maar die wete dat daar mense is wat hulle vir diereregte beywer en die erkenning van die wreedheid waaraan diere in laboratoriums blootgestel word, is reeds ’n groot prestasie. Die toekoms lyk minder wreed – en ons is verheug!

FOTO: iStock/melecis

LEES OOK:

Is jy ’n vegetariër? Jy het hierdie 5 voedingstowwe in jou dieet nodig

7 wenke vir ’n makliker oorgang na veganisme

10 oulike diere-rekeninge op Instagram

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 slim skoonheidskunsies wat kenners wil hê jy moet weet

So slim, so vinnig en so bekostigbaar!

Close